Gaan na inhoud

Periode (periodieke tabel)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

In die periodieke tabel van elemente is 'n periode 'n horisontale ry van die tabel. Periode-indelings word gedoen volgens die elektronkonfigurasie van die elemente. Elke periode eindig aan die regterkant van die tabel met 'n edelgas waarvan die buitenste elektronskil heeltemal gevul is. Omdat die skille nie almal ewe veel elektrone bevat nie, is die periodes nie almal ewe lank nie. Daar is 'n direkte verband tussen die periodenommers en die hoofkwantumgetalle van die skil wat in die periode gevul word.

Die aantal elektronskille van 'n atoom bepaal tot watter periode dit behoort. Elke skil word in verskillende subskille verdeel, wat met toenemende atoomgetal rofweg in die onderstaande volgorde gevul word:

1s 
2s           2p  
3s           3p  
4s        3d 4p  
5s        4d 5p
6s     4f 5d 6p  
7s     5f 6d 7p  
8s  5g 6f 7d 8p  
...  

Aangesien die heel buitenste elektrone chemiese eienskappe bepaal, is dit gewoonlik soortgelyk binne periodieketabelgroepe. Elemente langs mekaar binne 'n groep het soortgelyke fisiese eienskappe, ondanks die beduidende verskil in massa. Elemente langs mekaar binne 'n periode het soortgelyke massa, maar verskillende eienskappe.

Daar is altesaam sewe periodes in die periodieke tabel wat van 1 tot 7 genommer is.

Ander groeperinge in die periodieke tabel is: