Patrick Wolf
Voorkoms
Patrick Wolf | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Patrick Denis Apps |
Gebore | 30 Junie 1983 Londen, Verenigde Koninkryk |
Genres | Indietronika, volkstronika, alternatiewe rock, barokpop |
Beroep(e) | Musikant, musiekskrywer |
Jare aktief | 2002 — hede |
Etikette | Low Altitude Records, Faith & Industry, Tomlab, Loog, Bloody Chamber Music |
Webwerf | www.patrickwolf.com |
Patrick Wolf (gebore as Patrick Denis Apps, 30 Junie 1983) is 'n musikant uit Suid-Londen (Engeland). Wolf bespeel 'n verskeidenheid instrumente, waaronder harp, klarinet, klawesimbel, kitaar, klavier, outoharp, orrel, Appalagiese dulcimer, klavikord, harmonium, trekklavier, theremin, ukelele, mondfluitjie, mandolin, altviool, en viool. Wolf is bekend vir sy kenmerkende kombinering van elektroniese monsterneming en klassieke instrumente wat 'n styl meebring wat strek van Romaanse volksmusiek tot tegnopop.
Diskografie
[wysig | wysig bron]- Lycanthropy (2003, Faith and Industry / Tomlab)
- Wind in the Wires (2005, Tomlab)
- The Magic Position (2007 Loog)
- The Bachelor (2009, Bloody Chamber Music)