Overijssel
Overijssel Oaveriessel, Overiessel | |
---|---|
Provinsie | |
Ligging van die provinsie Overijssel in Nederland | |
Kaart van die provinsie Overijssel | |
Koördinate: 52°25′N 6°25′O / 52.417°N 6.417°O | |
Land | Nederland |
Hoofstad | Zwolle |
Grootste stad | Enschede |
Regering | |
• Kommissaris | Andries Heidema (CU) |
Oppervlak | |
• Totaal | 3 421 km2 (1 321 vk. myl) |
• Land | 3 317 km2 (1 281 vk. myl) |
• Water | 104 km2 (40 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 1 184 333 |
• Digtheid | 357/km2 (920/vk. myl) |
1 Januarie 2023 | |
Tydsone | UTC 01:00 (MET) |
• Somertyd | UTC 02:00 (MEST) |
Webwerf | www.overijssel.nl |
Overijssel (letterlik in Afrikaans: Ooryssel, Sallands/Twents: Oaveriessel, Stellingwerfs: Overiessel) is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die ooste geleë. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 1 184 000 in 2023 gehad en beslaan 'n totale oppervlakte van 3 421 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 357 inwoners per km² land. Die hoofstad is Zwolle en die grootste stad is Enschede. Andere groot stede is: Almelo, Deventer, Hengelo, Kampen en Zwolle.
Overijssel grens in die suide aan Gelderland, in die weste aan Flevoland, in die noorde aan Friesland en Drenthe en in die ooste aan die Duitse deelstate Nedersakse en Noordryn-Wesfale.
Overijssel bestaan uit drie kultuurhistoriese streke:[2]
- Twente, in die ooste van Overijssel. Hier woon die meeste mense en lê die ekonomiese middelpunt met stede soos Enschede, Hengelo en Almelo. Hier woon ongeveer 584 000 mense (2023).
- Salland, in die weste van Overijssel. Die oorspronklik magtigste streek, met ou Hansestede soos Zwolle, Deventer en Kampen. Hier woon ongeveer 551 000 mense (2023).
- Kop van Overijssel, in die noord-weste van Overijssel. Giethoorn is die bekendste dorp hier. Hier woon ongeveer 50 000 mense (2023).
Munisipaliteite
[wysig | wysig bron]Overijssel bestaan sedert 2005 uit 25 munisipaliteite:
Nrs. | Munisipaliteite | Inwoners (2023) |
Streke | Opmerkinge |
---|---|---|---|---|
1 | Almelo | 74 000 | Twente | |
2 | Borne | 25 000 | Twente | |
3 | Dalfsen | 30 000 | Salland | |
4 | Dinkelland | 27 000 | Twente | |
5 | Deventer | 103 000 | Salland | |
6 | Enschede | 161 000 | Twente | |
7 | Haaksbergen | 25 000 | Twente | |
8 | Hardenberg | 63 000 | Salland | |
9 | Hellendoorn | 36 000 | Twente, Salland | meer Salland as Twente |
10 | Hengelo | 82 000 | Twente | |
11 | Hof van Twente | 35 000 | Twente | |
12 | Kampen | 56 000 | Salland | ok Kop van Overijssel |
13 | Losser | 23 000 | Twente | |
14 | Oldenzaal | 32 000 | Twente | |
15 | Olst-Wijhe | 19 000 | Salland | |
16 | Ommen | 19 000 | Salland | |
17 | Raalte | 39 000 | Salland | |
18 | Rijssen-Holten | 38 000 | Twente, Salland | meer Twente as Salland |
19 | Staphorst | 18 000 | Salland | ok Kop van Overijssel |
20 | Steenwijkerland | 45 000 | Kop van Overijssel | |
21 | Tubbergen | 21 000 | Twente | |
22 | Twenterand | 34 000 | Twente, Salland | Twente-Salland ongeveer gelyk |
23 | Wierden | 25 000 | Twente | |
24 | Zwartewaterland | 23 000 | Salland | ok Kop van Overijssel |
25 | Zwolle | 132 000 | Salland |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Statistieken provincie Overijssel, AlleCijfers
- ↑ Berekening van die streke se inwoners: die inwoners van die munisipaliteite Hellendoorn, Rijssen-Holten en Twenterand gelyk verdeel oor Salland en Twente. Die inwoners van die nedersetting Zwartsluis (ongeveer 5 000 in 2023) van die Zwartewaterland-munisipaliteit bygevoeg aan die Kop van Overijssel.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Amptelike webwerf
- Overijssel, Plaatsengids