Gaan na inhoud

Orcagna

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Standbeeld van Andrea Orcagna, Uffizi, Florence

Andrea di Cione di Arcangelo (c. 1308 – 25 Augustus 1368), beter bekend as Orcagna, was 'n Italiaanse skilder, beeldhouer en argitek wat aktief was in Florence. Hy het as konsultant gewerk aan die Katedraal van Florence en toesig gehou oor die konstruksie van die vooraansig van die Orvieto Katedraal.[1] Sy Strozzi Altaarstuk (1354–57) is noemenswaardig omrede dit 'n nuwe rol vir Christus daargestel het as bepaler van Katolieke leerstellinge en pouslike gesag.[2]

Werke

[wysig | wysig bron]

Orcagna se werke sluit in:

  • "Altarpiece of the Redeemer" (1354–57) in die Strozzi di Mantova Kapel by Santa Maria Novella, Florence
  • Die tabernakel in Orsanmichele (voltooi in 1359) wat beskou word as "die mees perfekte werk van sy soort in die Italiaanse Gotiek".[3]
  • Sy fresko getiteld The Triumph of Death het Liszt se meesterwerk, Totentanz, geïnspireer.
  • Sy fresko getiteld Crucifixion, met 'n groot aantal engele om die kruis, uitgebeeld teen 'n donker agtergrond (1365).[4]

Die mosaïekdekorasie van die Katedraal van Orvieto word onder andere toegeskryf aan Orcagna.

Leerlinge

[wysig | wysig bron]

Van Orcagna se leerlinge was:

  • Nello di Vanni, 'n skilder van Pisa uit die 14de eeu, wat ook gewerk het vir die Camposanto Monumentale (Monumentale Begraafplaas). [5]
  • Tommaso del Mazza, ook Tomasso di Marco genoem deur Giorgio Vasari[6]
  • Jacopo di Cione, broer van Andrea en hoofsaaklik beeldhouer en argitek[7]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "UFFIZI GALLERY". www.museumsinflorence.com.
  2. Eimerl, Sarel (1967). The World of Giotto: c. 1267–1337. et al. Time-Life Books. p. 187. ISBN 0-900658-15-0.
  3. "Orcagna". Catholic Encyclopedia.
  4. "Cenacolo by Andrea". www.visitflorence.com.
  5. Bryan, Michael (1889). Walter Armstrong & Robert Edmund Graves (red.). Dictionary of Painters and Engravers, Biographical and Critical (Volume II L-Z). York St. #4, Covent Garden, Londen; Original from Fogg Library, Gedigitaliseer op 18 Mei 2007: George Bell and Sons. p. 586.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek (link)
  6. Le vite de' più eccellenti pittori, scultori ed architettori, Volume 1, deur Giorgio Vasari, Redakteur G. C. Sansoni, (1906); bladsy 609.
  7. Vasari, page 610.

Bronne

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]