Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit
Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (Oos-Rand) | |
---|---|
Kaart | Vlag |
Wapen | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Koördinate | 26°10′38″S 28°13′19″E / 26.17722°S 28.22194°O |
Gestig op | 2000 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 1 975 vk km |
Hoogte bo seevlak | 1 570 m |
Bevolking: | |
- Totaal | 3 178 470 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 600/vk km |
Tydsone | UTC 2 |
- Somertyd | UTC 2 |
Burgemeester | Tania Lynette Campbell (Demokratiese Alliansie) |
Amptelike webwerf | www.ekurhuleni.com |
Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (ook bekend as die Oos-Rand) is 'n metropolitaanse munisipaliteit wat die plaaslike regering van die Oos-Rand-gebied van Gauteng vorm.
Ekurhuleni is een van die 5 distrikte van die Gauteng-provinsie in Suid-Afrika. Die hoofsetel van Ekurhuleni is in Germiston. Die meeste van die 3 178 470 inwoners praat Zoeloe (2011-sensus).[1]
Die naam Ekurhuleni beteken "Plek van Vrede" in Tsonga, maar word amptelik nie in die ander landstale vertaal nie. So word na die gebied in Afrikaans steeds as Oos-Rand verwys, terwyl Engelssprekendes dit East Rand noem. Die Nederlandse Taalunie,[2] gee Oost-Rand aan as die Nederlandse naam van die gebied.[3]
Ekurhuleni is naburig aan:
- Tshwane aan die noordekant
- Metsweding (CBDC2) in die noordooste
- Nkangala (DC31) aan die oostekant
- Sedibeng (DC42) aan die suidekant
- Johannesburg aan die westekant
Stede en dorpe
[wysig | wysig bron]Die volgende stede, dorpe en buurte is ingesluit by hierdie reuse munisipaliteit, wat in 2000 geskep is:
Tale
[wysig | wysig bron]- Zoeloe: 753 094 (30,38%)
- Afrikaans: 320 841 (12,94%)
- Noord-Sotho: 282 815 (11,41%)
- Suid-Sotho: 278 163 (11,22%)
- Engels: 277 942 (11,21%)
- Xhosa: 213 368 (8,61%)
- Tsonga: 141 510 (5,71%)
- Tswana: 76 912 (3,10%)
- Swazi: 45 354 (1,83%)
- Suid-Ndebele: 44 475 (1,79%)
- Venda: 25 757 (1,04%)
- Ander: 18 393 (0,74%)
Etniese groepe
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Ekurhuleni tydens die 2011-sensus
- ↑ Die Nederlandse Taalunie is 'n liggaam wat taalsake tussen die drie Nederlandsprekende lande (Nederland, België/Vlaandere en Suriname) reël en vanweë Nederland se historiese taalkundige betrekkinge met die Afrikaanssprekende gemeenskap in Suid-Afrika, sy aktiwiteite ook na dié land uitgebrei het
- ↑ Die amptelike taal volgens die Nederlandse Taalunie Nederlandse Taalunie, geraadpleeg op 17 Maart 2013