Onewe getal
Voorkoms
'n Onewe getal is in wiskunde 'n heelgetal wat nie deur twee gedeel kan word nie. Die heelgetalle wat wel deur twee gedeel kan word, is ewe getalle. Alle heelgetalle is of ewe of onewe getalle. Daar word na die konsep van ewe en onewe getalle verwys as pariteit.
Die onewe getalle is:
..., -7, -5, -3, -1, 1, 3, 5, 7, ...
Eienskappe
[wysig | wysig bron]Alle priemgetalle, met die uitsondering van 2, is onewe (anders is dit deur 2 deelbaar en nie 'n priemgetal nie).
Die som van twee onewe getalle is nooit onewe nie, maar 'n ewe getal.
Byvoorbeeld:
3 9 = 12,
1 5 = 6,
159 673 = 832.
Die som van 'n ewe en 'n onewe getal is altyd onewe.
Byvoorbeeld:
4 7 = 11,
28 13 = 41,
555 128 = 683.
Die produk van twee onewe getalle is ook self weer onewe.
Byvoorbeeld:
3 × 7 = 21,
5 × 13 = 65,
127 × 583 = 74041.