North American P-51 Mustang
P-51 Mustang | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | North American Aviation |
Nooiensvlug | 26 Oktober 1940 |
Vrygestel | 1942 |
Status | Onttrek aan militêre diens 1984 (Dominikaanse Lugmag)[1] |
Hoofgebruikers | Amerikaanse Lugmag Britse Lugmag Vele lugmagte |
Aantal gebou | Meer as 15,000[2] |
Eenheidskoste | VS$ 50 985 in 1945 |
Die North American P-51 Mustang was 'n Amerikaanse langafstand vegvliegtuig en bomwerper uit die Tweede Wêreldoorlog, ontwerp deur North American Aviation. Die vegter begin teen die middel van die oorlog diens doen as langafstand-eskortvegter en is ook gebruik in die Koreaanse en verskeie ander oorloë. Die laaste oorlog waarin die P-51 gebruik is, was die "Sokkeroorlog" van 1969 tussen El Salvador en Honduras.
In Duitsland sou Luftwaffekommandant Hermann Göring volgens Adolf Galland, 'n Luftwaffegeneraal, gesê het dat hy geweet het die oorlog weldra verby sou wees toe hy Mustangs bo Berlyn sien.
In die Koreaanse Oorlog was, naas die P-51 (in 1948 herdoop na F-51) ook die F-82 ontplooi. Daar is onder andere vir grondgevegte uitvoerig gebruik gemaak van die F-82E. As 'n nagvegter in Korea is onder andere die F-82F en F-82G ontplooi.
Die P-51 Mustang is nog tot 1984 deur die Lugmag van die Dominikaanse Republiek gebruik. Baie honderde eksemplare word teen 2014 nog lugwaardig gehou deur 'Warbird'-versamelaars.
Hierdie vliegtuig was aangedryf deur die Packard V-1650 enjin, die Amerikaanse weergawe van die Rolls-Royce Merlin enjin.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Girardot, Bernard. "P-51 Mustang" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 November 2016. Besoek op 19 Junie 2014.
- ↑ "North American P-51D Mustang." National Museum of the United States Air Force URL besoek 2 April 2011.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |