New Brunswick, New Jersey
Voorkoms
New Brunswick | |
---|---|
Stad | |
Die Stadshorison van New Brunswick | |
Koördinate: 40°29′N 74°27′W / 40.483°N 74.450°W | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | New Jersey |
County | Middlesex |
Gestig op | 30 Desember 1730 |
Geïnkorporeer op | 1 September 1784 |
Genoem na | Brunswyk |
Regering | |
• Burgemeester | James M. Cahill |
Oppervlak | |
• Totaal | 14,995 km2 (5,789 vk. myl) |
• Land | 13,539 km2 (5,227 vk. myl) |
• Water | 1,456 km2 (0,562 vk. myl) 9.71% |
Hoogte | 19 m (62 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 55 831 |
• Digtheid | 4 075,8/km2 (10 556,4/vk. myl) |
Tydsone | UTC-5 (EST) |
• Somertyd | UTC-4 (EDT) |
Poskode | 08901-08906, 08933, 08989 |
Skakelkodes | 732/848 en 908 |
Webwerf | www.cityofnewbrunswick.org |
New Brunswick is 'n stad in die deelstaat New Jersey en is ook die administratiewe setel van Middlesex County. Die eerste nedersetters het hulle reeds in 1680 hier gevestig. Gedurende 1720 was die nedersetting New Bruncwick genoem ter ere van koning George I van Groot-Brittanje. In 1730 het Nederlandse setlaars gearriveer vanaf Albany, New York. Gedurende die volgende dekade het New Brunswick 'n belangrike deurgang op die pad tussen Philadelphia en New York geword.
Gedurende die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog het George Washington die dorp vir kort tydjie beset maar generaal William Howe het dit daarna die Britse Hoofkwartier vir sewe maande gemaak.
Die dorp het in 1863 'n stad geword.
Bron
[wysig | wysig bron]- Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 17, Bladsy 366.