Nakajima Ki-49
Nakajima Ki-49 | |
---|---|
Tipe | Bomwerper |
Vervaardiger | Nakajima Aircraft Company |
Nooiensvlug | Augustus 1939 |
Status | Onttrek |
Hoofgebruiker | Japannese Leër Lugmag |
Vervaardig | 1941–1944 |
Aantal gebou | 819 |
Die Nakajima Ki-49 Donryu ((ja) 中島 キ-49 呑龍 "Storm Dragon") [1] was 'n tweemotorige bomwerper wat deur die Japannese Leër Lugmag gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog.
Die vliegtuig het sy nooiensvlug in Augustus 1939 voltooi. Die vliegtuig is ontwerp om die Nakajima Ki-21 te vervang.
Ten spyte van sy amptelike aanwysing as "Army Type 100 Heavy Bomber", het die vereistes van die Ki-49 om ongesorteer te vlieg met swaar verdedigings- en aanvalswapens, dit beperk tot 'n klein bomvrag (aanvanklik 1 000 kg).
As 'n middelvlerk-enkelromp van metaalkonstruksie, was die Ki-49 een van die eerste Japannese vliegtuie om met 'n terugtrekbare agterwiel toegerus te wees. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het dit onder die verslagnaam "Helen" aan die Geallieerdes bekend gestaan.
Tegniese besonderhede
[wysig | wysig bron]Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 2 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Nakajima Ha-109-II stermotor |
Kraglewering per motor | 1 450 perdekrag |
Vlerkspan | 20,30 m |
Lengte | 16,20 m |
Hoogte | 4,25 m |
Normale opstygmassa | 10 680 kg |
Maks. snelheid | 490 km/h op 5 000 m |
Operasionele hoogte | 8 160 m |
Togafstand | 2 400 km |
Bewapening | Een 20 mm kanon in dorsale skiettoring vyf 7.92 mm masjiengewere |
Bomvrag | 1 000 kg in bomlaai |
Bron
[wysig | wysig bron]- Munson, Kenneth: Bombers 1939–1945. Bounty Books. 2012. ISBN 978-0-7537-2172-8
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Francillon, 1970, p.223