Nagblom
Nagblom (Cereus jamacaru) | |
---|---|
Nagblom | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | C. jamacaru
|
Binomiale naam | |
Cereus jamacaru DC.
|
Die nagblom (Cereus jamacaru) is 'n indringerplant en sukkulente kaktus wat in Suid-Afrika voorkom. Die boom is inheems aan Noordoos-Brasilië. Dit groei op rotsagtige plekke in die halfdorre Karoo en savanna en word 3 tot 12 m hoog. Dit staan ook as die bobbejaanpaal bekend in Afrikaans en in Engels as die Queen of the night.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die boom het dik takke (kladodes) wat uit 'n kort stam spruit met geen blare op nie. Fotosintese vind deur die blougroen kladodes plaas. Daar is skerp dorings aan die takriwwe. Die dorings kom in groepe van 5 tot 10 voor. Die plant het aanskoulike wit blomme wat snags oopgaan. Dit word deur motte of vlermuisse bestuif. Die vrug is pienk en in bessievorm.
Die nagblom lyk baie soos die naboom. Laasgenoemde skei egter melksap af en het nie die groot wit blomme nie.
Bron
[wysig | wysig bron]- Butchart, Duncan: Natuurlewe van Suid-Afrika. Struik Nature. 2012. ISBN 978-1-4317-0248-0
Sien ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- http://www.invasives.org.za/invasive-species/item/218-queen-of-the-night-cereus-jamacaru.html Geargiveer 29 Oktober 2015 op Wayback Machine
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nagblom.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Nagblom