Nabatese alfabet
Voorkoms
Nabatese alfabet | ||||
Soort skryfstelsel | Abjad | |||
Tyd gebruik | 2de eeu v.C. - 4de eeu n.C. | |||
Tale | Nabatees | |||
Stelsels | ||||
Moederstelsels | ||||
Dogterstelsels | Arabies | |||
ISO 15924 | Nbat, 159 | |||
Unicode | U 10880–U 108AF | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
Die Nabatese of Nabateïese alfabet is ’n abjad (konsonantale alfabet) wat vanaf die 2de eeu v.C. deur die Nabateërs, ’n antieke volk van Jordanië, gebruik is om hul taal te skryf.[1] Belangrike inskripsies in die Nabatese alfabet is in Petra, Jordanië, gevind. Die alfabet is van die Siriese alfabet afgelei, wat op sy beurt van die Aramese alfabet afgelei is. ’n Kursiewe vorm van Nabatees het vanaf die 4de eeu n.C. in die Arabiese alfabet ontwikkel.,[1] en die lettervorms is dus tussen dié van Arabies en die meer noordelike Semitiese skrifte soos die Hebreeuse alfabet.
Nabatees | Naam | Arabiese alfabet |
Siriese alfabet |
---|---|---|---|
Alef | ا/ء | ܐ | |
Bet | ب | ܒ | |
Giemel | ج | ܓ | |
Dalet | ﺩ | ܕ | |
Hee | ه | ܗ | |
Waw | ﻭ | ܘ | |
Zajien | ﺯ | ܙ | |
Chet | ح | ܚ | |
Tet | ﻁ | ܛ | |
Jod | ي | ܝ | |
Kaf | ﻛ/ك | ܟܟ | |
Lamed | ل | ܠ | |
Mem | م | ܡ | |
Noen | ن | ܢܢ | |
Samech | ܣ | ||
Ajien | ع | ܥ | |
Pee | ف | ܦ | |
Tsaddie | ص | ܨ | |
Koef | ﻕ | ܩ | |
Reesj | ﺭ | ܪ | |
Sjien | س، ش | ܫ | |
Taw | ﺕ | ܬ |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia