Gaan na inhoud

NG gemeente Potchefstroom-Grimbeekpark

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die NG kerk Potchefstroom-Grimbeekpark.

Die NG gemeente Potchefstroom-Grimbeekpark is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).

Die gemeente is gestig in 1973. Die kerkgebou is geleë op die hoek van Zeederberg- en Lupinestraat, Grimbeekpark, Potchefstroom. In 2013 was die leraar ds. M.J. de Beer. Daar was in daardie jaar 221 doop- en 826 belydende lidmate. 'n Jaar later was dit 245 en 869. Ds. De Beer was steeds al leraar.

Enkele leraars

[wysig | wysig bron]
  • Johan Christiaan Lamprecht, 1974 - 1979
  • Marius Jacobus de Beer, 2008 – hede

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.