Gaan na inhoud

NGC 604

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
NGC 604
NGC 604 in die Driehoeksterrestelsel, soos gesien deur die James Webb-ruimteteleskoop.
NGC 604 in die Driehoeksterrestelsel, soos gesien deur die James Webb-ruimteteleskoop.
Soort newel H II-gebied
Sterrebeeld Driehoek
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 01h 34m 33.2s[1]
Deklinasie 30° 47′ 06″[1]
Skynmagnitude (m) 14[1]
Absolute magnitude (M) -13,8
Besonderhede
Ouderdom (jaar) 3,5 miljoen
Ander name
Geen
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

NGC 604 is 'n H II-gebied in die Driehoeksterrestelsel. Dit is op 11 September 1784 deur William Herschel ontdek. Dit is een van die grootste H II-gebiede in die Plaaslike Groep sterrestelsels; teen die Driehoeksterrestelsel se geraamde afstand van 2,7 miljoen ligjare, is sy grootste deursnee rofweg 1 520 ligjare, meer as 40 keer die grootte van die sigbare deel van die Orionnewel. Dit is meer as 6 300 keer so helder as die Orionnewel, en as dit net so ver was, sou dit helderder as Venus gewees het.

Sy gas word geïoniseer deur 'n sterreswerm van swaar sterre in sy middel,[2] waarvan 200 van spektraaltipe O en WR is. Dit het 'n massa van sowat 105 sonmassas en is 3,5 miljoen jaar oud.[3] Dit is egter baie minder kompak as die sentrale swerm R136 van die Groot Magellaanse Wolk se Tarantula-newel en stem meer ooreen met 'n groot sterassosiasie.[4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 "NASA/IPAC Extragalactic Database". Results for NGC 604. Besoek op 3 September 2006.
  2. Nemiroff, R.; Bonnell, J., reds. (2 November 2002). "NGC 604: Giant Stellar Nursery". Astronomy Picture of the Day. Nasa.
  3. Barba, Rodolfo (2004). "An in-depth analysis of a prototypical giant H II region: NGC 604". HST Proposal ID #10419: 10419. Bibcode:2004hst..prop10419B.
  4. Maíz-Apellániz, J.; Pérez, E.; Mas-Hesse, J. M. (2004). "NGC 604, the Scaled OB Association (SOBA) Prototype. I. Spatial Distribution of the Different Gas Phases and Attenuation by Dust". The Astronomical Journal. 128 (3): 1196–1218. arXiv:astro-ph/0406130. Bibcode:2004AJ....128.1196M. doi:10.1086/422925. S2CID 8099926.

Skakels

[wysig | wysig bron]