Gaan na inhoud

N1 (Suid-Afrika)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf N1)

Nasionale roete N1 shield

Nasionale roete N1
Roete-inligting
Onderhou deur SANRAL, Stad Kaapstad en Wes-Kaapse Provinsiale Regering
Lengte1 940 km (1 210 mi)
Belangrike aansluitings
SuidpuntBuitengrachtstraat in Kaapstad
  N2 in Kaapstad
N7 in Kaapstad
N12 naby Beaufort-Wes
N12 by Drie Susters
N10 by Hanover
N9 by Colesberg
N6 naby Bloemfontein
N8 naby Bloemfontein
N5 by Winburg
N12 naby Soweto
N3 naby Sandton
N14 in Centurion
N4 naby Pretoria
N11 naby Mokopane
NoordpuntA4 by Beitbrug op die Zimbabwiese grens
Ligging
StedeKaapstad
Bloemfontein
Johannesburg
Sandton
Pretoria
Polokwane
DorpePaarl
Worcester
Laingsburg
Beaufort-Wes
Richmond
Hanover
Colesberg
Winburg
Kroonstad
Sasolburg (verby)
Vanderbijlpark (verby)
Bela-Bela (omseil)
Modimolle (omseil)
Mokopane (omseil)
Louis Trichardt
Musina
Snelwegstelsel
Genommerde roetes in Suid-Afrika
R727N2
Die beginpunt van die N1 sowel as die N2 is Nelson Mandela-boulevard in Kaapstad.
Die N1 naby Vanderbijlpark.
Die N1 soos mens Kaapstad inry, net verby Century City.
Die N1 by die Hexrivierpas.
Die N1 wat deur Midrand loop op pad na Johannesburg toe.

Die N1 is een van Suid-Afrika se 15 nasionale paaie. Dit is die belangrikste hoofpad in Suid-Afrika, want dit verbind al die hoofstede, nl. Pretoria, Johannesburg, Bloemfontein en Kaapstad. Die pad loop dus vanaf Kaapstad, tot by Beitbrug, wat die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is.[1]

Wes-Kaap

[wysig | wysig bron]

Die N1 begin as ’n snelweg in Kaapstad se sentrale sakegebied aan die noordereinde van Buitengrachtstraat, langs die ingang na die Victoria & Alfred Waterfront. Die eerste deel van die N1 word gedeel met die begin van die N2-snelweg; dit is 'n vierbaan verhewe snelweg wat loop oor 'n strook tussen die stadskern en die Kaapstad-hawe, noordoos verby Lugmagbasis Ysterplaat en Century City voor dit kruis met die N7 wat noordwaarts loop uit die stad na Namibië. Hierna beweeg dit noordoos uit die stad en ontmoet die M5-pad by die Koeberg-wisselaar, een van die hoof-arteriese roetes wat Milnerton met die Suidelike voorstede verbind.

Die N1 strek nou deur die voorstede Goodwood en Bellville, waar die R300 eindig, voor dit die Paarl bereik.Hier eindig die snelweg waarna die Hugenotetonnel (’n tolpad) volg. Ná Worcester gaan die pad oor die Hexrivierpas en verby Touwsrivier. Die pad hou oos verby Matjiesfontein en Laingsburg waar die Buffelsrivier gekruis word. Sodra die Dwykarivier gekruis word swaai die pad noordoos tot by Beaufort-Wes. Net voor Beaufort-Wes sluit die N12 nasionale pad by die N1 aan. Vanaf Beaufort-Wes hou die pad noordoos tot by Drie Susters. Hier swaai die N12 weg vanaf die N1. Nou verlaat die N1 die Wes-Kaap en gaan die Noord-Kaap binne.

Spitsverkeer

[wysig | wysig bron]

Spitsverkeer op die N1 tussen die Koeberg-wisselaar en die Hugenotetonnel vind op weeksdae soggens en smiddags plaas. Die res van die N1 in die Wes-Kaap ondervind eerder oor bepaalde naweke of tydens sommige tydperke gedurende vakansieperiodes swaar verkeer, maar dra andersins matige verkeersvolumes.[2]

Verkeersongelukke

[wysig | wysig bron]

Die gevaarlikste trajek van die N1 in die Wes-Kaap is die roete tussen Laingsburg en Prins Albertweg, met ’n ongeluksyfer van 10,17 ongelukke per 100 miljoen kilometer gereis. Die tweede en derde gevaarlikse trajekte is onderskeidelik die roetes tussen Beaufort-Wes en Drie Susters, met 7,27 ongelukke per 100 miljoen kilometer gereis, en tussen die Hugenotetonnel en Worcester, met 6,67 ongelukke per 100 miljoen kilometer gereis.[2] Die veiligste trajek is die roete tussen die Koeberg-wisselaar en die Hugenotetonnel met ’n ongeluksyfer van 2 ongelukke per 100 miljoen kilometer gereis.[2] Hierdie statistieke kan vergelyk word met ’n nasionale gemiddelde ongeluksyfer van 11,7 ongelukke per 100 miljoen kilometer gereis in Suid-Afrika en 1,3 ongelukke per 100 miljoen kilometer gereis in die VSA.[2]

Die maand met die hoogste ongeluksyfer is Desember, wanneer vakansiegangers van die binneland via die N1 na Kaapse kusdorpe stroom.[2]

Noord-Kaap

[wysig | wysig bron]

Die N1 hou noordoos, verby Richmond, Hanover tot by Colesberg. By Hanover word die N10 gekruis. Net ná Colesberg word die Oranjerivier gekruis en die Vrystaat binne gegaan.

Vrystaat

[wysig | wysig bron]

Vanaf die Oranjerivier hou die pad amper noordwaarts, gaan verby Springfontein, Trompsburg en Edenburg. Dit kruis dan die Rietrivier net voordat Bloemfontein bereik word. Hiervan is dit ’n snelweg wat wes om die stad lei (Bloemfontein Westelike verbypad). Net ná Bloemfontein gaan die N1 oor die Modderrivier, deur die Verkeerdevlei tolhek, ongeveer halfpad tussen Bloemfontein en Winburg, verder noord. Halfpad na Ventersburg word die Sandrivier gekruis. Die N1 gaan verby Ventersburg en is ’n snelweg verby Kroonstad, waar dit die Valsrivier oorsteek. Net suid van die Vaalrivier word die pad weer ’n snelweg verby Vanderbijlpark en Gauteng binnegaan. Waar die Vaalrivier gekruis word, is die Barrage net-net sigbaar aan die reisiger se regterkant.

Gauteng

[wysig | wysig bron]

Van duskant die Vaalrivier word die snelweg die "Kroonvaal Tolweg" genoem. Dit sluit dan by die Westelike Verbypad of "betonpad" aan. Net voor dié aansluiting, sluit die N12 eers by die N1 aan, dan noordwaarts na Pretoria waar dit die besigste pad in die Suidelike Halfrond vorm, nl. die Ben Schoeman-hoofweg, wat daagliks omtrent 300 000 voertuie tussen Johannesburg en Pretoria dra. Beide die N4 en N14 nasionale paaie sluit by die N1 aan. In Pretoria vorm dit die "Pretoria Oostelike verbypad" wat tot in Polokwane (Pietersburg) verleng. Halfpad tussen Pretoria en Bela-Bela (ou Warmbad) word die Limpopoprovinsie binnegery.

Limpopo

[wysig | wysig bron]

Die N1 hou reg noord, verby Bela-Bela, swaai dan noordoos, verby die Kranskop-tolhek tot by Polokwane. Die N1 kruis die Steenbokskeerkring sowat 53 km noord van Polokwane. Die pad gaan dan aan na Louis Trichardt (Makhado) en gaan oor die Soutpansberg via Wyliespoort, deur Musina voor dit by Beitbrug uitkom. By Beitbrug word die Limpoporivier gekruis. Na Beitbrug, word die pad nie meer die N1 genoem nie, omdat dit in Zimbabwe in beweeg.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "RDDA SOUTH AFRICAN NUMBERED ROUTE DESCRIPTION AND DESTINATION ANALYSIS". NATIONAL DEPARTMENT OF TRANSPORT. Mei 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2018. Besoek op 25 Maart 2021.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 Swanevelder, Sonja Alet (2000). "'n Ontleding van voertuigongelukke op die N1-roete in Suid-Afrika". doi:10019.1/51855. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp); Check |doi= value (hulp)

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]