Morsekode
Morsekode is 'n stelsel om letters, nommers, getalle en leestekens deur middel van 'n onderbroke kodesein te stuur. Dit is deur Samuel Morse en Alfred Vail in 1835 ontwerp.
Die kode was oorspronklik in die 19de eeu gebruik om persoonlike- en nuusboodskappe per draad en later per radio oor lang afstande te stuur en het so die spoed van kommunikasie geweldig verbeter.
Alhoewel morsekode amper heeltemal vervang is deur meer moderne elektroniese kommunikasiemiddels word dit steeds gebruik om sommige tweerigtingradioherhalers en navigasietoerusting te identifiseer. Dit word ook nog heelwat deur radio-amateurs gebruik om met mekaar te kommunikeer. Die SOS-noodroepsein, vir "Save Our Soul", is baie bekend en sommige moderne flitse het 'n ingeboude SOS-sein funksie. Voordele van morsekode is dat, in vergelyking met moderne analoog en digitale uitsendings, dit met baie eenvoudige toerusting gestuur en ontvang kan word en dat boodskappe met relatief min elektriese krag oor lang afstande hoorbaar kan wees.
Morsekode is 'n vroeë vorm van digitale kommunikasie en is opgevolg deur teleks, en later faks. Anders as moderne binêre digitale kodes wat slegs twee state gebruik (0 en 1), gebruik Morsekode vyf: kolletjie (·), strepie (–), kort rus (tussen elke letter), medium rus (tussen woorde) en lang rus (tussen sinne).
Letters
[wysig | wysig bron]Letter | Internasionale Kode | Amerikaanse Morse | Letter | Internasionale Kode | Amerikaanse Morse |
---|---|---|---|---|---|
A | · - | · - | N | - · | - · |
B | - · · · | - · · · | O | - - - | - - - |
C | - · - · | · · _ · † | P | · - - · | · · · · · |
D | - · · | - · · | Q | - - · - | · · - · |
E | · | · | R | · - · | · _ · · † |
F | · · - · | · - · | S | · · · | · · |
G | - - · | - - · | T | - | - |
H | · · · · | · · · · | U | · · - | · · - |
I | · · | · · | V | · · · - | · · · - |
J | · - - - | · - · - | W | · - - | · - - |
K | - · - | - · - | X | - · · - | · - · · |
L | · - · · | - - - - | Y | - · - - | · · _ · · † |
M | - - | - - | Z | - - · · | · · · _ · † |
(† Let wel: "_" beteken "spasie" en maak deel van die karakter uit)
Nommers
[wysig | wysig bron]Internasionale Amerikaanse morsekode morsekode 0 ----- ----- 1 ·---- ·--· 2 ··--- ··-·· 3 ···-- ···-· 4 ····- ····- 5 ····· --- 6 -···· ······ 7 --··· --·· 8 ---·· -···· 9 ----· -··-
Morsekode-vertalers en -programme
[wysig | wysig bron]Daar is 'n aantal vertalers op die web wat teks na morsekode kan omskakel, en dit ook deur jou rekenaar kan terugspeel:
- Stephen C Phillips se Java vertaler[dooie skakel] (Oopbron)
- Stephen C Phillips se nie-Java vertaler[dooie skakel]
- Omnicron.com
- 'n Morsekode leerprogram vir Windows-masjiene (Oopbron)
- Morsekode vir Esperanto
- Morsekodekarakters van Russies / Grieks / Hebreeus / Arabies / Japannees / Koreaans / Esperanto Geargiveer 30 April 2008 op Wayback Machine
- Morse Code Music (alternatief)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Morsekode.