Moeketsi Majoro
Moeketsi Majoro | |
Majoro in 2013 | |
6de Eerste Minister van Lesotho
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 20 Mei 2020 | |
Voorafgegaan deur | Tom Thabane |
---|---|
Minister van Finansies
| |
Ampstermyn 23 Junie 2017 – 19 May 2020 | |
Eerste minister | Tom Thabane |
Voorafgegaan deur | 'Mamphono Khaketla |
Opgevolg deur | Thabo Sofonea |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Moeketsi Majoro 3 November 1961 Tsikoane, Basoetoland |
Politieke party | All Basotho Convention (ABC) |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | Washington State University Nasionale Universiteit van Lesotho |
Moeketsi Majoro (gebore 3 November 1961) is 'n Mosotho ekonoom en politikus wat sedert Mei 2020 as die premier van Lesotho dien. Hy was voorheen die Minister van Finansies in die kabinet van Tom Thabane van 2017 tot 2020. Sedert die 2017-verkiesing verteenwoordig Majoro die Thetsane-kiesafdeling no. 33 in die Nasionale Vergadering. Hy was voorheen 'n senator en die Minister van Ontwikkelingsbeplanning van 2013 tot 2015. Majoro is 'n lid van die All Basotho Convention (ABC).[1]
Vroeë lewe en opvoeding
[wysig | wysig bron]Moeketsi Majoro is op 3 November 1961 in Tsikoane, Leribe-distrik, in Basoetoland gebore. Hy het 'n BA-graad in ekonomie aan die Nasionale Universiteit van Lesotho behaal en toe beide 'n PhD in natuurhulpbronekonomie en 'n meestersgraad in landbou-ekonomie aan die Washington State University verwerf.[2]
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Majoro was 'n dosent in ekonomie aan die Nasionale Universiteit van Lesotho tussen 1991 en 2000. In 2000 het hy as 'n fiskale ontleder by die ministerie van Finansies aangesluit en het die pos tot in 2004 beklee toe hy tot hoofsekretaris bevorder is. Hy het die Africa Group 1-groepering van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) van 2008 tot 2012 as beide uitvoerende direkteur en alternatiewe uitvoerende direkteur gedien.[2]
In Januarie 2013 is Majoro as minister van ontwikkelingsbeplanning deur premier Tom Thabane aangewys. Hy is vroeër as 'n senator aangestel. Die regering is in die algemene verkiesing van 2015 uitgestem. In die algemene verkiesing van 2017 is hy as LP vir die Thetsane-kiesafdeling no. 33 verkies. Thabane is heraangestel as premier en vir Majoro as die Minister van Finansies aangestel.[2]
In 2020 was Thabane onder druk om te bedank weens sy beweerde betrokkenheid by die moord op sy gewese vrou. Op 22 Maart 2020 het die ABC-groep in die Nasionale Vergadering vir Majoro as sy opvolger verkies met 26 uit 46 stemme.[3]
Premierskap
[wysig | wysig bron]Op 12 Mei 2020 het die koalisievennote van die ABC hulle steun onttrek.[4] Thabane het op 18 Mei sy bedanking aangekondig en die pos die volgende dag ontruim. Majoro is op 20 Mei as die nuwe premier ingehuldig.[5]
Persoonlike lewe
[wysig | wysig bron]Majoro is met 'Masekoalane 'Mamusa Rankhelepe getroud. Die egpaar het twee kinders.[6]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Ngatane, Nthakoana (20 Mei 2020). "Out with Thabane, in with Majoro: Lesotho officially has a new PM". EWN. Maseru. Besoek op 13 Julie 2020.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 "The Right Honourable Dr Moeketsi Majoro". Lesotho Regering. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2019. Besoek op 13 Julie 2020.
- ↑ (en) "Much needs to be done before I can take over: Majoro". Lesotho Times. 4 April 2020. Besoek op 13 Julie 2020.
- ↑ Ngatane, Nthakoana (22 Mei 2020). "Lesotho Finance Minister Moeketsi Majoro nominated as new prime minister". EWN. Maseru. Besoek op 13 Julie 2020.
- ↑ (en) "Lesotho's new Prime Minister Moeketsi Majoro sworn in". SowetanLIVE. 20 Mei 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020. Besoek op 13 Julie 2020.
- ↑ "Moeketsi Majoro at a glance". Lesotho Times. 27 Mei 2020. Besoek op 13 Julie 2020.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.