MgCu2
Algemeen | |
---|---|
Naam | MgCu2 |
Chemiese formule | MgCu2 |
Molêre massa | |
CAS-nommer | 12054-17-0[1] |
Voorkoms | Rooierig wit metaal[2] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=702,0pm [3] |
Ruimtegroep | Fd3m |
Nommer | 227 |
Strukturbericht | C15 |
Smeltpunt | 520 °C[4] |
Kookpunt | |
Digtheid | 5,72 [g/cm3] (bereken met DFT)[5] |
Oplosbaarheid | |
ΔfHɵ | -11,70 [kJ/mol] (gemeet) -13,28 [kJ/mol] (bereken)[5] |
Young se modulus | 95,862 GPa (gereduseer)[4] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
MgCu2 of magnesiumdikoper is 'n intermetaalverbinding (legering) van magnesium en koper wat sy eie struktuur besit.
Kristalstruktuur
[wysig | wysig bron]MgCu2 kristalliseer in 'n kubiese struktuur wat die argetipe van die C15-strukturbericht-struktuur is. Dit is een van die Lavesfases. Daar is ander AB2-legerings wat hierdie struktuur besit, soos CsBi2 en RbBi2.[3] Hierdie struktuur is op kubiese digpakking gebaseer en besit, soos ander Lavesfases, leë B4-tetraëders.
Eienskappe
[wysig | wysig bron]Die intermetaalverbinding kan verkry word deur die twee elemente in die verhouding 1:2 onder argon in 'n magnetiese induksie-oond saam te smelt.[4] Dit is 'n rekbare metaal.[5]
Berekeninge van die bandstruktuur toon dat die binding tussen Cu en Mg 'n metallieke karakter het, maar dat daar ook kovalente binding tussen koperatome teenwoordig is.[4] Die met DFT berekende elastiese konstantes is:[5]
C11 | C12 | C44 | |
---|---|---|---|
MgCu2 | 113,35 [GPa] | 90,28 [GPa] | 39,86 [GPa] |
Die DFT-berekeninge wys dat daar ladingsoordrag van magnesium na koper plaasvind, soos weergegee deur die Mullikanoordrag.[5]
atoom | posisie | x | y | z | lading (Mullikan) |
---|---|---|---|---|---|
Cu | 16d | 0,5 | 0,5 | 0,5 | -0,63 |
Mg | 8a | 0,125 | 0,125 | 0,125 | 1,26 |
Gebruike
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Copper, compd. with magnesium (2:1)". CAS.
- ↑ Yeonbeom, Jeong; Kim, Jeongtae; Hong, Sung Hwan; Lee, Hoo; Choi, Si; Kim, Kibuem (2019). "Compositional tuning-induced permanent color adjustment and mechanical properties: Binary Cu-Mg colored metallic system". Materials & Design. 175: 107814. doi:10.1016/j.matdes.2019.107814.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ 3,0 3,1 "Cu2Mg Cubic Laves Structure (C15): A2B_cF24_227_d_a". Aflow.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 4,3 W. Chen, J. Sun (2006). "The electronic structure and mechanical properties of MgCu2 Laves phase compound". Physica B: Condensed Matter. 382 (1–2): 279–284. doi:10.1016/j.physb.2006.02.031.
- ↑ 5,0 5,1 5,2 5,3 5,4 Ping-li MAO, Bo YU, Zheng LIU, Feng WANG, Yang JU (2014). "Mechanical properties and electronic structures of MgCu2, Mg2Ca and MgZn2 Laves phases by first principles calculations". Transactions of Nonferrous Metals Society of China. 24 (9): 2920–2929. doi:10.1016/S1003-6326(14)63427-0.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)