Gaan na inhoud

McDonnell Douglas F-4 Phantom II

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
F-4 Phantom II
'n Amerikaanse Mariene F-4B Phantom II van vegteraanvalseskader VMFA-314, vlieg oor Suid-Viëtnam in September 1968.
Tipe Onderskepvegter/meerdoelige bomwerper
Vervaardiger McDonnell Aircraft/ McDonnell Douglas
Nooiensvlug 27 Mei 1958
Vrygestel 30 Desember 1960
Onttrek 1996 (VS gevegsgebruik)
Hoofgebruikers Amerikaanse Lugmag (teikengebruik)
Islamitiese Republiek van Iran Lugmag
Vorige gebruikers Amerikaanse Vloot
Amerikaanse Marinierskorps
Vervaardig 1958–1981
Aantal gebou 5 195
Eenheidskoste VS$ 2.4 miljoen (1965-prys)
Ontwikkel van Northrop YF-17
Weergawes Boeing F/A-18E/F Super Hornet

Die McDonnell Douglas F-4 Phantom II is 'n tandemtweesitplek, tweemotorige, langafstand supersoniese onderskepstraalvegter/bomwerper wat in alle weersomstandighede kan funksioneer. Dit is oorspronklik vir die Amerikaanse Vloot ontwikkel deur "McDonnell Aircraft" in die Verenigde State van Amerika.[1] Dit is in 1960 deur die Amerikaanse Vloot in diens gestel. Weens sy hoë aanpasbaarheid, word hy ook sedert die middel-1960's deur die Amerikaanse Marinierskorps en die Amerikaanse Lugmag gebruik en het 'n staatmaker in hul onderskeie lugvleuels geword.

Die Phantom is 'n groot vegter met 'n topspoed van meer as Mach 2,2. Dit kan meer as 8 400 kg se wapens op nege eksterne hegpunte dra, insluitend lug-tot-lug missiele, lug-tot-grond missiele, en verskeie bomme. Die F-4, soos ander onderskeppers van sy tyd, is ontwerp sonder 'n interne kanon. Latere modelle het 'n M61 Vulcan roterende kanon bygekry. Sedert 1959 het dit 15 wêreldrekords opgestel vir in-vlug prestasie,[2] insluitend 'n absolute spoedrekord en 'n absolute hoogterekord.[3]

Die F-4 is op groot skaal gebruik gedurende die Viëtnamoorlog; dit het gedien as die hooflugsuperioriteitvegter vir beide die vloot en lugmag, en het later in die oorlog onmisbaar geword in die grondaanval- en verkenningsrolle. Die Phantom het die onderskeiding dat dit die laaste Amerikaanse vegvliegtuig was om kampioenstatus te bereik in die 20ste eeu. Gedurende die Viëtnamoorlog het die USAF een vlieënier en twee wapenstelselbeamptes (WSOs),[4] en die Amerikaanse Vloot een vlieënier en een radaronderskepbeampte gehad wat vyf lugoorwinnings teen vyandige vegvliegtuie behaal het, en wat bobaasvlieënier status bereik het in lug-tot-lug onderonsies.[5] Die F-4 het voortgegaan om 'n groot deel van die Amerikaanse militêre lugkrag dwarsdeur die 1970's en 1980's te vorm, maar is geleidelik vervang deur moderner vliegtuie soos die F-15 Eagle en F-16 in die Amerikaanse Lugmag, die Grumman F-14 Tomcat in die Amerikaanse Vloot, en die F/A-18 Hornet in die Amerikaanse Vloot en die Marinierskorps.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Swanborough en Bowers 1976, p. 301.
  2. "Phabulous 40th: Phantom "Phirsts"." Boeing. URL besoek: 27 November 2012.
  3. "Phabulous 40th: World Record Holder." Geargiveer 27 Desember 2007 op Wayback Machine Boeing. URL besoek: 14 Desember 2007.
  4. Dorr en Bishop 1996, pp. 200–201
  5. Dorr en Bishop 1996, pp. 188-189
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.