Mauricio Macri
Mauricio Macri | |
Amptelike portret, 2015 | |
President van Argentinië
| |
Ampstermyn 10 Desember 2015 – 10 Desember 2019 | |
Vise | Gabriela Michetti |
---|---|
Voorafgegaan deur | Cristina Fernández de Kirchner |
Opgevolg deur | Alberto Fernández |
5de Regeringshoof van Buenos Aires
| |
Ampstermyn 10 Desember 2007 – 9 Desember 2015 | |
Voorafgegaan deur | Jorge Telerman |
Opgevolg deur | Horacio Rodríguez Larreta |
30ste Voorsitter van die Boca Juniors
| |
Ampstermyn 27 Februarie 2008 – 1 Junie 2008 | |
Voorafgegaan deur | Pedro Pompilio |
Opgevolg deur | Jorge Amor Ameal |
Ampstermyn 13 Desember 1995 – 4 Desember 2007 | |
Voorafgegaan deur | Pedro Pompilio |
Opgevolg deur | Pedro Pompilio |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 8 Februarie 1959 Tandil, Argentinië |
Politieke party | Respuesta Republicana (PRO) |
Eggenoot/-note | Yvonne Bordeu (1981–1991) Isabel Menditeguy (1994–2005) Juliana Awada (sedert 2010) |
Kind(ers) | Agustina Jimena Francisco Antonia |
Alma mater | Pontifikale Katolieke Universiteit van Argentinië |
Religie | Rooms-Katoliek |
Handtekening |
Mauricio Macri [mauˈɾisjo ˈmakɾi] (* 8 Februarie 1959) is 'n Argentynse siviele ingenieur, sakeman en politikus van die konserwatiewe party Propuesta Republicana (PRO; "Republikeinse Voorstel") wat tussen 10 Desember 2007 en 9 Desember 2015 die amp van regeringshoof van die outonome stad Buenos Aires beklee het.
Macri, die seun van die bekende Italiaanse sakeman en nyweraar Francisco Macri, was PRO se kandidaat in die presidensiële verkiesing van 2015. In die tweede rondte van dié verkiesing het hy op 22 November 2015 met 51,4 persent van die uitgebragte stemme 'n oorwinning oor die Peronistiese regeringskandidaat Daniel Scioli behaal. Macri is op 10 Desember 2015 as staatspresident en opvolger van Cristina Fernández de Kirchner ingesweer en het tot 10 Desember 2019 dié amp beklee.
Biografie
[wysig | wysig bron]Macri is in 1959 in Tandil in die Buenos Aires-provinsie gebore. Hy is die seun van die Italiaans-gebore magnaat Francesco "Franco" Macri (eienaar van die Philco-filiaal in Argentinië) en Alicia Blanco-Villegas Cinque.[1] Die gesin het 'n kort rukkie later na Buenos Aires verhuis en hul huise in Tandil as vakansie-huise behou.[1] Sy pa, en sy oom Jorge Blanco Villegas, het Macri beïnvloed om 'n sakeman te word, en Franco het verwag dat sy seun hom as hoof van sy firmas sou opvolg. Hy het by die Colegio Cardenal Newman skoolgegaan en het daarna 'n graad in siviele ingenieurswese van die Pouslike Katolieke Universiteit van Argentinië ontvang.[2] Op hierdie tydstip het Macri in neoliberalisme begin belangstel en by die nou-ontbinde Unie van die Demokratiese Sentrum en 'n dinkskrum onder leiding van oudminister Álvaro Alsogaray aangesluit. In 1985 het hy kortstondig die Columbia Business School, die Wharton-skool van die Universiteit van Pennsylvania en die Universidad del CEMA in Buenos Aires bygewoon.[3]
Macri se sakeloopbaan het by SIDECO Americana, 'n konstruksiemaatskappy wat deel was van sy pa se Socma Group (Sociedad Macri) beheermaatskappy, begin, waar hy vir drie jaar as 'n junior ontleder gewerk het voordat hy 'n senior ontleder geword het. In 1984 het hy in die kredietafdeling van Citibank Argentina in Buenos Aires gewerk. Macri het dieselfde jaar by Socma Group aangesluit en die maatskappy se hoofbestuurder in 1985 geword. In 1992 het hy visepresident van Sevel Argentinië geword (wat toe Fiat- en Peugeot-motors Argentinië vervaardig het as deel van Socma). Hy is twee jaar daarna bevorder tot president van die maatskappy.[3]
Politieke loopbaan
[wysig | wysig bron]In 1991 is Macri vir 12 dae deur beamptes van die Argentynse Federale Polisie ontvoer. Hy is in 'n klein kamertjie met 'n chemiese toilet en 'n gat in die dak om kos te ontvang gehou. Hy is uiteindelik bevry toe sy gesin glo 'n multimiljoen-dollar-losprys betaal het.[4] Macri het gesê dat die beproewing hom daartoe gelei het om die politiek te betree.[5]
In 2003 het hy die sentrum-regse Verbintenis tot Verandering-party (Spaans: Compromiso para el Cambio) gestig.[6] Hy was later daardie jaar 'n kandidaat vir burgemeester van Buenos Aires. Alhoewel hy die eerste rondte van die verkiesing gewen het,[7] het hy in die tweede rondte teen die sittende burgemeester Aníbal Ibarra verloor.[8]
In 2005 het Macri en Ricardo López Murphy van Recrear 'n politieke koalisie gestig, die Republikeinse Voorstel (PRO), en Macri is toe verkies tot die Kamer van Afgevaardigdes met 33,9 persent van die stemme.[9] Hy is twee jaar later tot regeringshoof (burgemeester) van Buenos Aires verkies.[10] Hy is in 2011 herverkies.
Presidentskap
[wysig | wysig bron]Macri was in 2015 'n kandidaat vir president van Argentinië. Met president Cristina Kirchner wat termyn deur die grondwet beperk is, het vroeë meningspeilings 'n noue drierigtingwedloop tussen Macri, Kirchneritiese goewerneur Daniel Scioli en Tigre-burgemeester Sergio Massa aangedui.[11] Macri het die voorverkiesing gewen.[12] Hy het daarna tweede gekom in die eerste rondte van die presidentsverkiesing voordat hy vir Scioli in die tweede rondte geklop het.[13] Sy verkiesing het twaalf jare van Kirchnerisme in Argentinië beëindig.[14]
Macri het in 2019 vir herverkiesing gestaan. Hy het tweede geëindig in die voorverkiesing en die presidentsverkiesing teen Peronis Alberto Fernández verloor. Hy is op 10 Desember 2019 deur Fernández opgevolg.[15]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 "¿Quién es Alicia Blanco Villegas, la madre de Mauricio Macri?" [Who is Alicia Blanco-Villegas, the mother of Mauricio Macri?]. La Nación (in Spaans). 16 Oktober 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 November 2016. Besoek op 22 November 2016.
- ↑ "Los amigos de Macri: del Cardenal Newman y la empresa, al poder", La Nacion, 27 November 2015.Geargiveer 19 Junie 2016 op Wayback Machine (Retrieved 17 Junie 2016)
- ↑ 3,0 3,1 Mauricio Macri's curriculum vitae Geargiveer 27 Junie 2007 op Wayback Machine, CEMA; accessed 23 November 2015.
- ↑ Nash, Nathaniel C. (8 Desember 1991). "Argentina Finds a Kidnapping Ring of Policemen". New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 November 2015. Besoek op 2 Januarie 2016.
- ↑ Adrian Collins (23 November 2015). "Kidnapped by police and the former chief executive of a football club: who is Argentina's new president?". News Talk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2018. Besoek op 7 November 2018.
- ↑ Benedict Mander (9 September 2016). "Interview: Argentine president Mauricio Macri looks to end confrontational politics". Financial Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018. Besoek op 6 November 2018.
- ↑ "Macri le gana a Ibarra y hay ballottage" [Macri defeats Ibarra and there is ballotage]. La Nación (in Spaans). 25 Augustus 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2016. Besoek op 6 Desember 2016.
- ↑ "Macri estableció un nuevo récord en la ciudad" [Macri set a new score in the city]. La Nación (in Spaans). 1 Augustus 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2017. Besoek op 6 Desember 2016.
- ↑ "Macri's profile". Terra.com.ar. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2012. Besoek op 31 Julie 2012.
- ↑ BBC News, 25 Junie 2007. Profile: Mauricio Macri Geargiveer 1 Julie 2007 op Wayback Machine.
- ↑ "Las últimas encuestas confirman que sigue el triple empate entre Massa y Macri y Scioli" [The last polls confirm the triple draw between Massa, Macri and Scioli] (in Spaans). La Política Online. 22 November 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Augustus 2015. Besoek op 1 September 2015.
- ↑ "Total nacional" (in Spaans). Elecciones argentinas. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2015. Besoek op 1 September 2015.
- ↑ Catherine E. Shoichet (22 November 2015). "Argentina elections: Daniel Scioli concedes defeat". CNN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 November 2015. Besoek op 21 November 2015.
- ↑ Jonathan Watts and Uki Goñi (22 November 2015). "Argentina election: second round vote could spell end for 'Kirchnerism'". The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 November 2015. Besoek op 21 November 2015.
- ↑ "Fernández ganó en primera vuelta y ya negocia con Macri la transición - LA NACION". La Nación. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2021. Besoek op 16 Augustus 2021.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |