Mark Ruffalo
Mark Ruffalo | |
Mark Ruffalo in Junie 2014.
| |
Geboortenaam | Mark Alan Ruffalo |
---|---|
Geboorte | 22 November 1967 Kenosha, Wisconsin, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Lewensmaat | In 2000 getroud met Sunrise Coigney |
Kinders | 3 |
Beroep(e) | Akteur, vervaardiger, aktivis, regisseur, humanitaris |
Aktiewe jare | 1988–tans |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Mark Alan Ruffalo (geb. 22 November 1967)[1] is ’n Amerikaanse akteur, vervaardiger, aktivis, regisseur en humanitaris. Hy het die rol van die Marvel Comics-karakter dr. Bruce Banner/die Hulk in 2012 in The Avengers en in 2015 in Avengers: Age of Ultron vertolk.
Vroeë lewe
[wysig | wysig bron]Ruffalo is in Kenosha, Wisconsin, gebore. Sy pa, Frank Lawrence Ruffalo jr., was ’n verwer en sy ma, Marie Rose Hebert, ’n haarkapper en stilis.[2][3][4] Hy het twee susters, Tania en Nicole, en ’n broer wat in 2008 dood is.[2] Sy pa is van Italiaanse afkoms en sy ma is half-Frans-Kanadees en half-Italiaans.[5]
Ruffalo het homself al as ’n gelukkige kind beskryf,[6] hoewel hy as kind en jong volwassene aan ongediagnoseerde disleksie en aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring (AGHS) gelei het.[7] Hy het in Virginië grootgeword, waar sy pa gewerk het, en het op skool aan stoei deelgeneem. Hy het saam met sy gesin na San Diego in Kalifornië verhuis en daarna na Los Angeles. Hy was vir ’n paar produksies vir die Orpheus Theatre Company skrywer, regisseur en akteur en het amper ’n dekade lank as kroegman gewerk.[8]
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Ná die rol waarmee hy aandag getrek het in You Can Count on Me (2000), het hy in hoogs aangeskrewe prente verskyn soos Collateral (2004), Eternal Sunshine of the Spotless Mind (2004), Zodiac (2007) en Shutter Island (2010). Vir sy spel in The Kids Are All Right (2010) en Foxcatcher (2014) is hy benoem vir ’n Oscar en Golden Globe vir beste manlike byspeler.[2] In 2015 het hy weer lof en verskeie benoemings gekry vir sy spel in Infinitely Polar Bear en Spotlight.
Vir televisie het hy ’n Screen Actors Guild-prys gewen en ’n Emmy- en Golden Globe-benoeming gekry vir The Normal Heart, wat hy ook vervaardig het.
Persoonlike lewe
[wysig | wysig bron]Ruffalo is sedert Junie 2000 getroud met Sunrise Coigney en hulle het drie kinders: die seun Keen (geb. 2001) en dogters Bella Noche (geb. 2005) en Odette (geb. 2007). Hulle woon in Manhattan.[9]
Ná die voltooiing van die prent The Last Castle in 2001 is Ruffalo gediagnoseer met ’n soort breingewas en is hy geopereer. Die gewas was goedaardig, maar het gelei tot ’n tydperk van gedeeltelike gesigsverlamming.[3] Hy het van die verlamming herstel, maar is sedertdien doof in sy linkeroor.[7]
Op 1 Desember 2008 is Ruffalo se broer, Scott, by sy huis in Beverly Hills geskiet.[10] Volgens een berig was dit ’n skoot in ’n teregstellingstyl van agter in die kop.[11] Hy is op 8 Desember dood. Die polisie het twee mense, ’n man en vrou, in hegtenis geneem.[12] Die vrou se prokureur het vir die polisie gesê Scott Ruffalo het homself per ongeluk geskiet.[13][14] Die vroulike verdagte is op 6 Januarie 2012 dood.[15]
Politieke sienings
[wysig | wysig bron]Op 4 Oktober 2006 het hy op die daaglikse nuusprogram Democracy Now! verskyn en gepraat teen die oorlog in Irak, marteling en die administrasie van George W. Bush. Hy het op 14 Augustus 2008 op ’n program van Penn & Teller: Bullshit! verskyn met die titel "Wêreldvrede"[16] en is ’n voorstander van keuses vir ’n mens. Hy het gesê hy wil nie hê die tyd moet teruggaan na waar vroue hul swangerskappe onwettig laat beëindig het nie.[17]
Hy is ook ’n ondersteuner van LGBT-regte en is gekant teen hidrobreking (fracking). In 2008 het hy die bekendste teenstander daarvan geword nadat hy sy eie ondersoek oor die onderwerp gedoen het.[18] Hy het in verskeie programme verskyn om daaroor te praat.[19][20][21] In 2014 het hy ’n rol in ’n dokumentêr gespeel oor die gevolge van ’n groot olielekking.[22]
Filmografie
[wysig | wysig bron]Rolprente
[wysig | wysig bron]Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1992 | Rough Trade | Hank | Kortfilm |
1994 | Mirror, Mirror 2: Raven Dance | Christian | |
1994 | There Goes My Baby | J.D. | |
1995 | Mirror, Mirror III: The Voyeur | Joey | |
1996 | The Destiny of Marty Fine | Brett | |
1996 | The Dentist | Steve Landers | |
1996 | Blood Money | Attorney | |
1996 | The Last Big Thing | Brent Benedict | |
1998 | Safe Men | Frank | |
1998 | 54 | Ricko | |
1999 | How Does Anyone Get Old? | Johnnie | Kortfilm |
1999 | A Fish in the Bathtub | Joel | |
1999 | Ride with the Devil | Alf Bowden | |
2000 | You Can Count on Me | Terry Prescott | |
2000 | Committed | T-Bo | |
2001 | The Last Castle | Yates | |
2001 | Apartment 12 | Alex | |
2002 | XX/XY | Coles | |
2002 | Windtalkers | Weerman Pappas | |
2003 | My Life Without Me | Lee | |
2003 | View from the Top | Ted Stewart | |
2003 | In the Cut | Speurder Giovanni A. Malloy | |
2004 | We Don't Live Here Anymore | Jack Linden | Ook uitvoerende vervaardiger |
2004 | Eternal Sunshine of the Spotless Mind | Stan | |
2004 | 13 Going on 30 | Matt Flamhaff | |
2004 | Collateral | Ray Fanning | |
2005 | Just Like Heaven | David Abbott | |
2005 | Rumor Has It... | Jeff Daly | |
2006 | All the King's Men | Adam Stanton | |
2007 | Chicago 10 | Jerry Rubin (stem) | |
2007 | Zodiac | Inspekteur Dave Toschi | |
2007 | Reservation Road | Dwight Arno | |
2008 | Blindness | Dokter | |
2008 | What Doesn't Kill You | Brian Reilly | |
2009 | The Brothers Bloom | Stephen | |
2009 | Where the Wild Things Are | Adrian | |
2009 | Sympathy for Delicious | Joe | Ook regisseur en vervaardiger |
2010 | The Kids Are All Right | Paul Hatfield | |
2010 | Shutter Island | Chuck Aule / dr. Lester Sheehan | |
2010 | Date Night | Brad Sullivan | |
2011 | Margaret | Gerald Maretti | |
2012 | The Avengers | Dr. Bruce Banner / die Hulk | |
2013 | Thanks for Sharing | Adam | |
2013 | Iron Man 3 | Dr. Bruce Banner | Geen erkenning |
2013 | Now You See Me | Dylan Rhodes | |
2013 | Begin Again | Dan Mulligan | |
2014 | Infinitely Polar Bear | Cam Stuart | Ook uitvoerende vervaardiger |
2014 | Foxcatcher | Dave Schultz | |
2015 | Avengers: Age of Ultron | Dr. Bruce Banner / die Hulk | |
2015 | Spotlight | Michael Rezendes | |
2016 | Now You See Me 2 | Dylan Rhodes |
Televisie
[wysig | wysig bron]Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1989 | CBS Summer Playhouse | Michael Dunne | Episode: "American Nuclear" |
1994 | Due South | Vinnie Webber | Episode: "A Cop, a Mountie, and a Baby" |
1997 | On the 2nd Day of Christmas | Bert | TV-fliek |
1998 | Houdini | Theo | TV-fliek |
2000 | The Beat | Zane Marinelli | 8 episodes |
2008 | Penn & Teller: Bullshit! | Homself | Episode: "Wêreldvrede" |
2014 | The Normal Heart | Alexander 'Ned' Weeks | TV-fliek; ook uitvoerende vervaardiger |
Pryse
[wysig | wysig bron]Jaar | Prys | Werk |
---|---|---|
2000 | Boston Society of Film Critics Award vir beste akteur(3de plek) | You Can Count on Me |
Los Angeles Film Critics Association New Generation Award | ||
Montreal-rolprentfeesprys vir beste akteur | ||
National Society of Film Critics Award vir beste akteur (2de plek) | ||
San Diego Film Critics Society Award vir beste akteur (2de plek) | ||
Southeastern Film Critics Association Award vir beste akteur (3de plek) | ||
Toronto Film Critics Association Award vir beste akteur (2de plek) | ||
2009 | Sundance Film Festival Special Jury Prize | Sympathy for Delicious |
2010 | Boston Society of Film Critics Award vir beste akteur (2de plek) | The Kids Are All Right |
New York Film Critics Circle Award vir beste manlike byspeler | ||
2012 | MTV Movie Award vir beste geveg | The Avengers |
2014 | Emmy vir uitnemende TV-rolprent (medevervaardiger) | The Normal Heart |
Satellite Award vir beste akteur | ||
Screen Actors Guild Award vir uitmentende spel | ||
Hollywood Film Award vir beste span | Foxcatcher | |
Gotham Independent Film Jury Award | ||
2015 | Gotham Independent Film Awards vir beste span | Spotlight |
Independent Spirit Award | ||
Satellite Award vir beste span |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Monitor". Entertainment Weekly. No. 1182. 25 November 2011. p. 30.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 "Mark Ruffalo". Inside the Actors Studio (Bravo!). 2007-03-19. http://www.imdb.com/title/tt1013112/. No. 6, season 13.
- ↑ 3,0 3,1 Radar, Dotson (9 Mei 2004). "I Wouldn't Give Any Of It Back". Parade (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Januarie 2009. Besoek op 20 September 2007.
- ↑ Baldassarre, Angela (4 Maart 2007). "On the trail of a real-life serial killer". Tandem (in Japannees). Canada. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018. Besoek op 20 September 2007.
- ↑ Wloszczyna, Susan (15 September 2005). "Ruffalo ascends to the next level in 'Heaven'". USA Today (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018. Besoek op 20 Desember 2013.
Ruffalo, an Italian-French-Canadian mix,,,
- ↑ Pearlman, Cindy (25 Februarie 2007). "Working on a killer movie". Chicago Sun-Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2007. Besoek op 20 September 2007.
- ↑ 7,0 7,1 Hiatt, Brian (4 Mei 2015). "The Hulk: The Last Angry Man". Rolling Stone (in Engels). Wenner Media, Ltd. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2017. Besoek op 5 Mei 2015.
- ↑ Dumenco, Simon. "The Kid Stays In the Pictures". New York Magazine (in Engels). New York Media, LLC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2018. Besoek op 16 Desember 2015.
- ↑ Ellis, Josh. "Mark Ruffalo's Good Life Formula: 3 Kids, 1 Rabbit, 47 acres, 2,764 Miles From Hollywood"[dooie skakel], Men's Journal. Junie 2013; URL besoek op 26 April 2015.
- ↑ Jones, Oliver (3 Desember 2008). "Mark Ruffalo's Brother Shot in the Head". People (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018.
- ↑ "Scott Ruffalo still in critical condition". Boston Herald (in Engels). 5 Desember 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Augustus 2012.
- ↑ "Scott Ruffalo Dies from Gunshot Wound". People (in Engels). 9 Desember 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018.
- ↑ Dillon, Nancy (9 Desember 2008). "Actor Mark Ruffalo's brother, Scott, died after playing Russian Roulette, says murder suspect". Daily News (in Engels). New York-stad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2009. Besoek op 17 Januarie 2016.
- ↑ "Autopsy scheduled for Scott Ruffalo". Los Angeles: KABC-TV. 11 Desember 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2014.
- ↑ Blankstein, Andrew (29 Februarie 2012). "Death of Mark Ruffalo's brother: Key witness may have overdosed". Los Angeles Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Februarie 2020. Besoek op 26 April 2015.
- ↑ "YouTube – "World Peace" with Penn and Teller". YouTube.com. Besoek op 12 November 2012.
- ↑ Kira Cochrane (19 Augustus 2013). "Mark Ruffalo's pro-choice stance on abortion rights sets a powerful example". The Guardian. Besoek op 20 Augustus 2013.
- ↑ "Fracklash" (in Engels). New York magazine. 10 September 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2020.
- ↑ Mark Ruffalo Speaks Out Against Fracking Practices on The Rachel Maddow Show Geargiveer 27 April 2014 op Wayback Machine, commondreams.org, 5 Oktober 2010.
- ↑ "Web Extra: Countdown Contributor Mark Ruffalo on Fracking – Countdown with Keith Olbermann". Current.com. 13 Julie 2011. Besoek op 15 Augustus 2012.[dooie skakel]
- ↑ "Mark Ruffalo" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Maart 2020. Besoek op 8 Januarie 2013.
- ↑ Teitell, Beth (30 September 2014). "Mark Ruffalo goes wading in the Charles River" (in Engels). The Boston Globe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 30 September 2014.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Mark Ruffalo in die Internet-rolprentdatabasis
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mark Ruffalo.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia