Lugrem
Voorkoms
In lugvaartkunde, is 'n lugrem of spoedbreker 'n soort vlugbeheeroppervlakte wat aan 'n vliegtuig gebruik word om die sleurkrag te verhoog of die benaderingshoek te verhoog tydens landing. Lugremme verskil van lugdamme, aangesien lugremme ontwerp is om die sleur te verhoog terwyl slegs klein veranderinge aan die stygkrag plaasvind, terwyl lugdamme die hef-tot-sleur-verhouding verlaag en 'n hoër benaderingshoek vereis om stygkrag te handhaaf, wat lei tot 'n hoër staakspoed.
Dikwels is beide die eienskappe van lugdamme en lugremme wenslik, en dit word dus gekombineer by die meeste moderne vliegtuie. Die gebruik van omkering van stukrag deur die motore help ook om 'n vliegtuig se spoed te verminder tydens landing.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |