Gaan na inhoud

Lesotho-Hoogland-waterprojek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Katsedam met inlaattoring
Die Asrivieruitval noord van Clarens

Die Lesotho-Hoogland-waterprojek (Engels: Lesotho Highlands Water Project, Sesotho: metsi a lihlaba) is 'n projek wat water vanaf die berge in Lesotho via 'n reeks damme en tonnels na die Vaalrivierstelsel verplaas. Van die damme wat reeds voltooi is:

Fase (1A)

[wysig | wysig bron]

Fase 1A is die voltooiing van die Katsedam in die Malutiberge, 'n 82 km lang oordrag- en afleweringstonnel. Die water word in die Asrivier afgelewer teen 'n tempo van 17m3 per sekonde. Dié fase is in 1998 in diens gestel. Die tonnel mond uit in die Asrivier net buite Clarens op die Bethlehempad.

Fase (1B)

[wysig | wysig bron]

Fase 1B het die voltooiing van die Mohaledam, 'n 32 km lang oordragtonnel tussen die Mohale- en Katsedamme behels. Dit sluit ook die konstruksie van die Mueladam, met 'n 19 m-hoë wal, in.[1] Na afloop van bouwerk tydens fase 1A en 1B word daar jaarliks 780 miljoen m3 water aan die Vaalrivierstelsel gelewer.[1]

Fase II

[wysig | wysig bron]

Die tweede fase van die projek het in 2020 afgeskop. Dit sluit die voltooiing van die Polihalidam in, in Lesotho.[1] Die Trans-Caledon-tonnelowerheid skat dat die bouwerk in hierdie fase rondom R32,6 miljard sal beloop.[1] Na afloop van die tweede fase sal 'n bykomende 465 miljoen m3 water aan die Vaalrivierstelsel gelewer word.[1] Volgens die Trans-Caledon-tonnelowerheid sal hierdie fase R32,6 miljard kos om te bou.[1]

Algemeen

[wysig | wysig bron]

Elke dekade word die pypleidings hersien, en dan word die watertoevoer vir twee maande lank afgesluit. 'n Hoër watervoorraad word dan in die Vaaldam opgegaar om aan die Gauteng-gebied te voorsien.[2] Volgens Lesotho se Hooglandontwikkelingsowerheid is daar in die 21 jaar vanaf Januarie 1998 tot April 2019 sowat 15 miljard kubieke meter water aan Suid-Afrika gelewer.[3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 https://www.tcta.co.za/case-study/lesotho-highlands-water-project/
  2. Joubert, Jan-Jan (23 September 2012). "Gauteng kry 2 mnde. g'n water van hiér". Beeld. Besoek op 24 Augustus 2015.
  3. amaBhungane (10 Junie 2019). "Lesotho's top politicians feed on rural water project" (in Engels). Daily Maverick. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 10 Junie 2019.