Gaan na inhoud

Kruger 60

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kruger 60
Sterrebeeld Kefeus
Spektraaltipe M3V/M4V[1]
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Komponent 1 Kruger 60 A
Regte klimming 22h 27m 59.4677s[2]
Deklinasie 57° 41′ 45.150″[2]
Skynmagnitude (m) 9,59
Absolute magnitude (M) 11,76
Komponent 2 Kruger 60 B
Regte klimming 22h 27m 59.568s[2]
Deklinasie 57° 41′ 45.28″[2]
Skynmagnitude (m) 11,4
Absolute magnitude (M) 13,46
Besonderhede
Komponent 1 Kruger 60 A
Massa (M) 0,271[3]
Radius (R) 0,35[4]
Ligsterkte (L) 0,010
Temperatuur (K) 3 180
Metaalinhoud [Fe/H] -0,04[5]
Komponent 2 Kruger 60 B
Massa (M) 0,176[3]
Radius (R) 0,24[4]
Ligsterkte (L) 0,0034
Temperatuur (K) 2 890
Eienskappe
Veranderlikheid Geen/Opvlamster
Ander name
DO Cephei, HIP 110893, G 232-075,
GJ 860 A/B, BD 56° 2783, HD 239960,
LHS 3814/3815[6]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Kruger 60 is ’n dubbelster 13,15 ligjare van die Son af in die sterrebeeld Kefeus. Die twee rooidwerge wentel elke 44,6 jaar om mekaar.

Beskrywing

[wysig | wysig bron]

Die grootste en dus primêre ster is komponent A en die kleiner ster komponent B. Komponent A het ’n massa van sowat 27% dié van die Son en ’n radius van sowat 35% die Son s’n, en komponent B onderskeidelik 18% en 24%.[3][4] B is ’n opvlamster met die naam DO Cephei.[7] Dit het ’n onreëlmatige opvlamming wat binne ’n tydperk van agt minute min of meer verdubbel en dan terugkeer na normaal.

Die gemidddelde afstand tussen die sterre is 9,5 AE, wat rofweg die afstand tussen die Son en Saturnus is. Hulle eksentrieke wentelbane veroorsaak egter dat die afstand tussen 5,5 en 13,5 AE wissel.

Die stelsel wentel om die Melkweg op ’n afstand van die kern wat wissel tussen 22 en 29 ligjare, met ’n baaneksentrisiteit van 0,126-0,130.[8] Hulle naaste afstand van die Son sal in sowat 88 600 jaar wees, wanneer dit binne 6,3 ligjare van ons af sal wees.[9]

Oorsprong van 2I/Borisov

[wysig | wysig bron]

Kruger 60 is deur Dybczyński, Królikowska en Wysoczańska voorgestel as die oorsprong van die interstellêre komeet 2I/Borisov, voorheen bekend as C/2019 Q4 (Borisov).[10] Die skrywers het die komeet se baan teruggespoor en tot die gevolgtrekking gekom dat dit ’n miljoen jaar gelede binne 5,7 ligjare van Kruger 60 af verbybeweeg het teen ’n lae snelheid van 3,43 km/s. Toe dié resultate gepubliseer is, is dit beskou as voorlopig, aangesien 2I/Borisov se wentelbaan nog bestudeer word.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Henry, Todd J.; et al. (Oktober 1994). "The solar neighborhood, 1: Standard spectral types (K5-M8) for northern dwarfs within eight parsecs". The Astronomical Journal. 108 (4): 1437–1444. Bibcode:1994AJ....108.1437H. doi:10.1086/117167.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 Perryman, M. A. C.; Lindegren; Kovalevsky; Hoeg; Bastian; Bernacca; Crézé; Donati; Grenon; et al. (1997). "The Hipparcos Catalogue". Astronomy and Astrophysics. 323: L49–L52. Bibcode:1997A&A...323L..49P.
  3. 3,0 3,1 3,2 Delfosse, X.; Forveille; Ségransan; Beuzit; Udry; Perrier; Mayor (Desember 2000). "Accurate masses of very low mass stars. IV. Improved mass-luminosity relations". Astronomy and Astrophysics. 364: 217–224. arXiv:astro-ph/0010586. Bibcode:2000A&A...364..217D.
  4. 4,0 4,1 4,2 Pasinetti Fracassini, L. E. (Februarie 2001). "Catalogue of Apparent Diameters and Absolute Radii of Stars (CADARS), 3de uitg". Astronomy and Astrophysics. 367 (2): 521–524. arXiv:astro-ph/0012289. Bibcode:2001A&A...367..521P. doi:10.1051/0004-6361:20000451.
  5. Bonfils, X. (November 2005). "Metallicity of M dwarfs. I. A photometric calibration and the impact on the mass-luminosity relation at the bottom of the main sequence". Astronomy and Astrophysics. 442 (2): 635–642. arXiv:astro-ph/0503260. Bibcode:2005A&A...442..635B. doi:10.1051/0004-6361:20053046.
  6. "NSV 14168 – Variable Star". Simbad. Centre de Données astronomiques de Strasbourg. Besoek op 28 September 2009.
  7. White, Stephen M. (Desember 1989). "A VLA survey of nearby flare stars". Astrophysical Journal Supplement Series. 71: 895–904. Bibcode:1989ApJS...71..895W. doi:10.1086/191401.
  8. Allen, C.; Herrera, M. A. (1998). "The galactic orbits of nearby UV Ceti stars". Revista Mexicana de Astronomia y Astrofisica. 34: 37–46. Bibcode:1998larm.confE.115A.
  9. García-Sánchez, J.; et al. (November 2001). "Stellar encounters with the solar system". Astronomy and Astrophysics. 379 (2): 634–659. Bibcode:2001A&A...379..634G. doi:10.1051/0004-6361:20011330.
  10. Dybczyński, Piotr A.; Królikowska, Małgorzata; Wysoczańska, Rita (24 September 2019). "Kruger 60 – a plausible home system of the interstellar comet C/2019 Q4". [astro-ph.EP]. 

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]