Gaan na inhoud

Koster

Koördinate: 25°51′55″S 26°53′44″O / 25.86528°S 26.89556°O / -25.86528; 26.89556
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Koster
Koster is in Noordwes (Suid-Afrikaanse provinsie)
Koster
Koster
 Koster se ligging in Noordwes
Koördinate: 25°51′55″S 26°53′44″O / 25.86528°S 26.89556°O / -25.86528; 26.89556
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoordwes
DistrikBojanala Platinum
MunisipaliteitKgetlengrivier
Stigting1860
Oppervlak
 • Totaal18,22 km2 (7,03 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal2 342
 • Digtheid129/km2 (330/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense62.4%
 • Indiërs/Asiërs9.6%
 • Bruin mense1.7%
 • Swart mense25.6%
 • Ander0.8%
Taal (2011)
 • Afrikaans 72.9%
 • Engels 13.9%
 • Tswana 9.5%
 • Sotho 0.8%
 • Ander 2.9%
Poskode (strate)
0348
Poskode (posbusse)
0348
Skakelkode014

Koster is 'n dorp in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Bastiaan Hendricus Koster het hom in 1860 op die plaas "Kleinfontein" gevestig nadat hy vanaf Nederland geëmigreer het. Toe die spoorlyn vanaf Johannesburg na Mahikeng geopen het in 1910, is 'n halte op Kleinfontein opgerig. Die dorp Koster het later ontstaan rondom die halte. Koster het 'n dorp geword in 1913 en 'n munisipaliteit in 1930.

Distrik

[wysig | wysig bron]

Die distrik is 2 700 km2 groot. Die Kosteromgewing is bekend vir mielieboerdery, asook leiklip- en diamantontginning. Op 11 November 1970 was die laaste diamantstormloop in Suid-Afrika hier gehou nadat diamante ontdek is. Die vonds was egter kortstondig.

Geografie

[wysig | wysig bron]

Die distrik lê op die waterskeiding tussen die Oranjerivier en die Limpoporivier. Die Elands- en Kosterriviere vloei noord na die Limpopo en die Mooirivier suid verby Potchefstroom na die Vaalrivier.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronne

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Koster". Sensus 2011.