Kongregasionalistiese Kerk
Die Kongregasionalistiese Kerk is 'n kerkgroepering wat spruit uit die puriteine van die sewentiende eeu.
Die Kongregasionaliste het sterk klem geplaas op die selfstandigheid en individualiteit van plaaslike gemeentes en het stukrag gekry nadat die Britse parlement in 1646 die Westminster-konfessie aanvaar het. Tydens Oliver Cromwell se bewind het hulle 'n vastrapplek in die Britse kerklike samelewing gekry.
Die groepering se leer is in die Savoy-verklaring van 1658 uiteengesit en daarin word die Westminster-konfessie merendeels aanvaar, buiten die afdeling oor kerklike regering en sinodes. Die kerk is na die Verenigde State van Amerika gebring deur puriteinse lidmate. Hulle verdraagsame en onafhanklike ingesteldheid het later 'n belangrike invloed op die Amerikaanse Vryheidsverklaring (1776) uitgeoefen.
Suider-Afrika
[wysig | wysig bron]Die Verenigde Kongregasionalistiese Kerk van Suider-Afrika het eers in 1967 tot stand gekom, maar kan sy oorsprong meer as 200 jaar terugspeur tot by die aankoms van die eerste personeel van die Londense Sendinggenootskap. Die lidmate tel sowat 300 000, wat verdeel is in meer as 350 gemeentes in vyf lande.
Johannesburg
[wysig | wysig bron]Die eerste Kongregasionalistiese kerk in Johannesburg was op die hoek van End- en Breestraat, waar die argitek Frank Emley ’n lidmaat was, hoewel R. Howden die gebou ontwerp het. Die hoeksteen is op 14 Julie 1895 deur die mynkommissaris, J.L. van der Merwe, gelê.
Die eerste Kongregasionalistiese eredienste is in ’n bousel van hout en yster op Von Brandisplein deur eerw. F.J. Ecclestone waargeneem. Op 25 April 1889 is die kerk geskuif na Richard Currie se veilingskamers in Commissionerstraat, en later na die Vrymesselaarsaal in Jeppestraat, voor die nuwe kerk eindelik laat in 1895 betrek kon word.
Tien jaar later het, is die Musiekskool oorkant die straat in Endstraat opgerig na die ontwerp van sir Herbert Bakerm en die Caledoniese Klub, wat agter die kerk gebou is. ’n Orrelkamer is in 1913 aangebou. Die kerk is later gesloop om plek te maak vir ’n kantoorgebou. Die Kaledoniese Klub het in die jongste jare afgebrand en is toe gesloop.[1]
Bronne
[wysig | wysig bron]- Gaum, Frits (hoofred.). 2008. Christelike Kernensiklopedie. Wellington: Lux Verbi.BM.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Johannesburg 1912. URL besoek op 14 November 2017.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Congregational Federation in Scotland (UK) Geargiveer 28 Januarie 2010 op Wayback Machine
- Congregational Federation (UK)
- Evangelical Fellowship of Congregational Churches (UK)
- Union of Welsh Independents/Undeb yr Annibynwyr Cymraeg
- Congregational Union of Ireland
- Congregational Christian Churches in Canada
- National Association of Congregational Christian Churches (USA)
- Conservative Congregational Christian Conference (USA)
- Evangelical Congregational Church (USA)
- União das Igrejas Evangélicas Congregacionais do Brasil
- Congregational Federation of Australia Geargiveer 13 Februarie 2009 op Wayback Machine
- Fellowship of Congregational Churches (Australia) Geargiveer 30 Januarie 2009 op Wayback Machine
- Congregational Union of New Zealand
- Congregational Church of Samoa Geargiveer 19 Mei 2010 op Wayback Machine
- Evangelical Congregational Church of India Geargiveer 1 September 2009 op Wayback Machine
- United Congregational Church of Southern Africa Geargiveer 5 Julie 2008 op Wayback Machine
- International Congregational Fellowship Geargiveer 7 Julie 2012 op Wayback Machine
- World Evangelical Congregational Fellowship