Komsberg
Voorkoms
Die Komsberg is 'n bergreeks wat oos-wes strek oor die Noord-Kaap en Wes-Kaap grens. Dit is noord van die Moordenaarskaroo. Dit vorm deel van die eskarp en lê tussen die Roggeveldberge en Nuweveldberge; dit is 45 km lank en strek vanaf die Verlatenkloofpas tot by die Dwykarivierravyn.[1] Een van die sytakke van die Gouritsrivier, die Dwykarivier ontspring in die Komsberg. Die Komsbergpas gaan oor die berg. Die hoogste punt op die Komsberg is 1742 m hoog.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bron
[wysig | wysig bron]- Cape West: 2nd edition. A relief map of the most southerly part of Africa.