Gaan na inhoud

Klein Spooknewel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Klein Spooknewel
Soort newel Planetêre newel
Sterrebeeld Slangdraer
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 17h 29m 20.457s[1]
Deklinasie -23° 45′ 34.77″[1]
Skynmagnitude (m) 12,00[1]
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 2 000 - 5 000[2]
Skynbare grootte 28 boogminute[1]
Ander name
NGC 6369, PK 002 05 1[1]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Klein Spooknewel, ook bekend as NGC 6369, is 'n planetêre newel in die sterrebeeld Slangdraer.[2] Dit is deur William Herschel ontdek.

Die newel is rond en relatief dof. Die hoë energiestraling van die sentrale witdwerg veroorsaak dat die omringende newel lig uitstraal.[3] Die hoofringstruktuur is omtrent 'n ligjaar breed en die gloed is van geïoniseerde suurstof-, waterstof- en stikstofatome, wat onderskeidelik blou, groen en rooi gekleur is.

Die sentrale ster van die newel is van spektraaltipe WO3, wat dui op 'n spektrum soortgelyk aan dié van 'n suurstofryke Wolf-Rayetster.[4] 'n Ontleding van Gaia-data dui daarop dat dit 'n dubbelsterstelsel kan wees.[5]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 Die Klein Spooknewel by Simbad
  2. 2,0 2,1 "Little Ghost Nebula (NGC 6369)". The European Space Agency. Besoek op 25 April 2021.
  3. "NGC 6369: Little Ghost Nebula". Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Julie 2023. Besoek op 25 April 2021.
  4. González-Santamaría, I.; Manteiga, M.; Manchado, A.; Ulla, A.; Dafonte, C.; López Varela, P. (2021). "Planetary nebulae in Gaia EDR3: Central star identification, properties, and binarity". Astronomy & Astrophysics. 656: A51. arXiv:2109.12114. Bibcode:2021A&A...656A..51G. doi:10.1051/0004-6361/202141916. S2CID 237940344.
  5. Chornay, N.; Walton, N. A.; Jones, D.; Boffin, H. M. J.; Rejkuba, M.; Wesson, R. (2021). "Towards a more complete sample of binary central stars of planetary nebulae with Gaia". Astronomy & Astrophysics. 648: A95. arXiv:2101.01800. Bibcode:2021A&A...648A..95C. doi:10.1051/0004-6361/202140288. S2CID 230770301.

Skakels

[wysig | wysig bron]