Klas GA Garratt-stoomlokomotief
Klas GA no. 1649, later hernommer na no. 2140, in ongeveer 1921 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Beyer, Peacock and Company |
Vervaardiger | Beyer, Peacock and Company |
Serienommer | 8631[1] |
Model | Klas GA |
Klas | Klas GA |
Vervaardig | 1920 |
Aantal gebou | 1 |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 2-6-0 0-6-2 "Double Mogul" Garratt |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Voorwielomtrek | 762 mm |
Dryfwielomtrek | 1 220 mm |
Wielbasis | Totaal: 17.856 m Enjin: 2.743 m gekoppel 4.928 m totaal |
Lengte | 19.964 m |
Hoogte | 3.912 m |
Raamwerk | Plaatraam |
Asbelasting | 18.1 t op die 5de dryfwiel |
Massa op dryfwiele | 106.4 t |
Lokomotiefmassa | 136.0 t |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 9.1 t |
Waterkapasiteit | 15 200 ℓ voor 5 700 ℓ agter |
Stoomketel | 2.057 m (6 vt 9 dm) binnedeursnee 3.562 m lengte |
Stoomketeldruk | 1,240 kPa |
Vuurroosteroppervlak | 4.812 m2 |
279 buise | |
– Vuurkas | 19.630 m2 |
237.321 m2 | |
Oorverhitteroppervlak | 48.913 m2 |
Silinders | Vier |
Silindergrootte | 457 mm boor 600 mm slag |
Klepwerk | Walschaerts |
Werkverrigting | |
Trekkrag | 210.8 kN (47 390 lbk) teen 75% stoomdruk |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Aantal in klas | 1 |
Vlootnommer(s) | 1649, hernommer 2140 |
Plek gebruik | Van Reenenspas |
Afleweringsdatum | 1921 |
Eerste tog | 1921 |
Onttrekkingsdatum | 1938 |
Die Klas GA Garratt-stoomlokomotief is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is. Hierdie lokomotief is in 1914 by Beyer, Peacock and Company bestel maar as gevolg van die Eerste Wêreldoorlog eers teen 1920 afgelewer en in 1921 in diens gestel. Tesame met Klas GB was dit die eerste Garratt-lokomotiewe wat gebou is vir werking op die Kaapspoorwydte. Daar was slegs een lokomotief bestel omrede die Garratt-beginsel nog nuut vir SAS&H was. Die lokomotief is toegerus met Walschaerts-klepratwerk.[2]
Toetse wat gedoen is tussen dié klas en die Klas MH Mallet het bewys dat die Garratts beter is en geen verdere Mallets is bestel nie.[1][3] Die lokomotief het vir die grootste gedeelte van sy leeftyd op die Van Reenenspas diens gedoen totdat dit in 1938 weens 'n gekraakte raam onttrek is.[2]
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Klas GA Garratt-stoomlokomotief.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910-1955 (1st ed.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. p. 41. ISBN 978-0-7153-5427-8.
- ↑ 2,0 2,1 Paxton, Leith; Bourne, David (1985). Locomotives of the South African Railways (1ste uitg.). Kaapstad: Struik. ISBN 0869772112. pp. 88-89.
- ↑ Durrant, A E (1989). Twilight of South African Steam (1st ed.). Newton Abbott, London: David & Charles. pp. 25, 123. ISBN 0715386387.