Klas 4-stoomlokomotief
'n Klas 4 op Worcester in die Kaapprovinsie | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Kaapse Regeringspoorweë |
Vervaardiger | North British Locomotive Company |
Serienommer | 19242-19243 [1][2] |
Model | CGR 4-8-2[3] |
Vervaardig | 1911 |
Aantal gebou | 2 |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 4-8-2 "Mountain" |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Voorwielomtrek | 724 mm (28 ½ dm) |
Dryfwielomtrek | 1 370 mm (54 dm) |
Agterwielomtrek | 838 mm (33 dm) |
Wielbasis | Totaal: 17.586 m Enjin: 4.394 m per gekoppelde deel, 9.728 m totaal Tender: 1.372 m boegie, 4.902 m totaal |
Lengte | 19.822 m |
Hoogte | 3.912 m |
Asbelasting | 15.2 t op die 4de drywer |
Massa op dryfwiele | 60.0 t |
Lokomotiefmassa | 83.4 t |
Tendermassa | 21.7 t leeg |
Gesamentlike massa | 127.6 t gelaai |
Tendertipe | XJ * 2 asboegies 864 mm wiele, lengte 7.334 m |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 6.9 t |
Waterkapasiteit | 16 000 ℓ |
Stoomketel | 1.695 m binnediameter, 5.486 m binnelengte |
Stoomketeldruk | 1 240 kPa |
Vuurroosteroppervlak | 3.437 m2 |
201 buise met 57.1 mm omtrek | |
– Vuurkas | 17.280 m2 |
215.256 m2 | |
Silinders | Twee |
Silindergrootte | 521 mm (20 ½ dm)) boor 711 mm (28 dm) slag |
Klepwerk | Stephenson[3] |
Werkverrigting | |
Trekkrag | 131 kN (29 420 lbf) teen 75% keteldruk |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Kaapse Regeringspoorweë Suid-Afrikaanse Spoorweë [1] |
Aantal in klas | 2 |
Vlootnommer(s) | CGR 850-851 SAR 1477–1478[4] |
Plek gebruik | Kaapse hooflyn, later Witwatersrand |
Afleweringsdatum | 1911 |
Eerste tog | 1911 |
Onttrekkingsdatum | 1938 |
Die Klas 4 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë in die 20ste eeu gebruik is. Die klas het twee subklasse.
Klas 4
[wysig | wysig bron]Hierdie klas is 'n Kaapse Regeringspoorweë (CGR)-lokomotief en ontwerp deur H.M. Beatty in 1911. Die eerste twee lokomotiewe was toegerus met Stephenson-klepratwerk en D-kleppe en was nie met superverhitters toegerus nie. Hulle het hoofsaaklik op die Kaapse hooflyn diens gedoen en was uit diens gestel in 1938.[3]
Klas 4A
[wysig | wysig bron]Tien lokomotiewe is bestel by North British Locomotive Company in 1913 en 1914. Hulle was toegerus met superverhitters, Walschaerts-klepratwerk en geklassifiseer as Klas 4A. Vir die eerste tien jaar het hulle op die Kaapstad-Mafekinghooflyn diens gedoen en daarna is hulle oorgeplaas na die Witwatersrand waar hulle vir vele rolle aangewend is, veral op die Zeerust, Volksrust en Breytentrajekte.
Klas 4AR
[wysig | wysig bron]Wanneer Klas 4A toegerus word met Nommer-2 stoomketels word hulle as Klas 4AR herklassifiseer. Die laaste van die klas het rangeerdiens gedoen in die Wes-Rand en is uit diens onttrek in 1974.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910–1955 (1st ed.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. pp. 12–13, 137. ISBN 978-0-7153-5427-8.
- ↑ North British Locomotive Company works list
- ↑ 3,0 3,1 3,2 Paxton, Leith; Bourne, David (1985). Locomotives of the South African Railways (1ste uitg.). Kaapstad: Struik. ISBN 0869772112.pp. 38–39.
- ↑ South African Railways and Harbours Locomotive Diagram Book, 2’0” & 3’6” Gauge Steam Locomotives, 15 Augustus 1941, soos gewysig
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Klas 4-stoomlokomotief.