Kintaibrug
Voorkoms
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Kintaibrug (Japannees: 錦帯橋 Kintai-kyō ) is 'n spanbandbrug in die stad Iwakoeni in die Jamagoetsji-prefektuur in Japan. Dit oorspan die Nisjikirivier met 'n reeks van vyf houtboë. Die oorspronklike brug dateer uit 1674, maar vloedskade, deur 'n tifoon veroorsaak, het dit in 1950 vernietig. Die brug is in 1953 herbou en in 2001 en 2004 gedeeltelik gerestoureer.