Kalomel
Voorkoms
Kalomel | |
---|---|
Formule | Hg2Cl2 |
Nickel-Strunz (10) | 3.AA.30 |
Kleur | kleurloos, wit, grys, gelerig; word donker blootgestel aan lig [1] |
Streep | liggelerig wit [1] |
Glans | diamantagtig [1] |
Hardheid | 1,5-2 (Mohs) [1] |
Optiese eienskappe | |
Dubbelbreking | eenassig ( ) [1] |
RI-waardes | nω = 1,973 nε = 2,656 |
Kristallografie | |
Kristalsisteem | tetragonaal [1] |
Ruimtegroep | I4/mmm |
Strukturbericht-kode | D3₁ |
Nommer | 139 |
Eenheidsel | a = 4.4795(5) Å, c = 10.9054(9) Å |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Kalomel is 'n mineraal met die algemene formule Hg2Cl2. Dit is 'n belangrike kwikerts.[1] en word in sedimentêre rotse, saam met kinnabar gevind waarvan kalomel 'n alterasieproduk is. Dit kan ook saam met droppeltjies kwik aangetref word.[2]
Kristalstruktuur
[wysig | wysig bron]Kalomel kristalliseer in 'n liggaamsgesentreerde tetragonale struktuur wat die argetipe van die D31-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is. Die struktuur is molekulêr en dit bestaan uit lineêre Cl-Hg-Hg-Cl-molekules.[3]