Gaan na inhoud

Jerry Orbach

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jerry Orbach
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Jerry Orbach in 1965

Geboortenaam Jerome Bernard Orbach
Geboorte 20 Oktober 1935
New York Stad, NY (VSA)
Sterfte 28 Desember 2004
New York Stad, NY (VSA)
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Akteur
Rolprente Law & Order
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Jerome Bernard Orbach (20 Oktober 193528 Desember 2004) was 'n Amerikaanse akteur wat bekend was vir sy rol as speurder Lennie Briscoe in die televisiereeks, Law & Order, en sy rolle in musiekblyspelle.

Vroeë lewe

[wysig | wysig bron]

Orbach is in die Bronx in New York gebore as die enigste kind van Emily Olexy ('n Pools-Amerikaanse Rooms-Katoliek) en Leon Orbach ('n Duitse Jood van Sefardiese herkoms). Hy was as 'n Rooms-Katoliek opgevoed. Tydens sy kinderjare het die Orbach-gesin dikwels verhuis, Mount Vernon in New York, Wilkes-Barre, Nanticoke en Scranton in Pennsilvanië, Springfield in Massachusetts en Waukegan in Illinois.

Hy het drama aan die Universiteit van Illinois en Nortwestern Universiteit gestudeer. Van daar het hy weereens na New York verhuis, waar hy saam met Lee Strasberg gestudeer het by die Actors Studio.

Loopbaan

[wysig | wysig bron]

Orbach was 'n bekwame akteur wat beide in Broadway- en "Off-Broadway"-toneelstukke toneelgespeel het. Sy eerste groot rol was as El Gallo in die oorspronklike rolverdeling van die dekade-lange treffer, The Fantasticks. Hy het ook die hoofrol vertolk in Carnival, die musikale weergawe van die rolprent Lili. Hy het 'n Tony-nominasie gekry vir sy hoofrol in die heropvoering van Guys and Dolls en 'n Tony-toekenning vir Beste Akteur in 'n Musiekblyspel in die oorspronklike produksies van Chicago. Hy was ook te sien in die oorspronklike produksie van 42nd Street en die heropvoering van The Cradle Will Rock. Hy het sy rolprentdebuut in 1955 gemaak in 'n onerkende klein rolletjie in die rolprentweergawe van Guys and Dolls, waar hy die rol vertolk van 'n barbierskliënt tydens die musikale nommer "The Oldest Established Permanent Floating Crap Game" (hy het 'n solo tydens een van die lied se "Nathan, Nathan Detroit!!"-kore). Orbach het tydens die 1970's af en toe in rolprente en televisieprogramme verskyn.

In die 1980's het sy fokus volledig na rolprent- en televisiewerk verskuif. Prominente rolle sluit in: 'n korrupte polisiespeurder in Sidney Lumet se Prince of the City (1981); die vader van Jennifer Grey se karakter in Dirty Dancing (1987); 'n koudbloedige moordenaar in die Woody Allen-drama, Crimes and Misdemeanors, en die stem van die kandelaber, Lumière, in die Walt Disney se geanimeerde musiekblyspel, Beauty and the Beast (1991) (hy het die rol in al die video-opvolgings herhaal, sowel as die House of Mouse-televisiereeks).

Hy het ook die hoofrol vertolk in die kortstondige 1987 kriminele drama, The Law and Harry McGraw, en het later die rol herhaal in 'n gereelde gasrol in Murder, She Wrote. Hy het in 1992 by die geselskap van Law & Order aangesluit as die kwinkslaende polisiespeurder, Lennie Briscoe. Hy was tot 2004 deel van die televisiereeks. (Hy het egter voorheen 'n gasrol gehad as 'n advokaat vir die verdediging in die episode, "The Wages of Love".) Hy was ook die stem vir die karakter in die reeks se verskeie videospeletjies. Orbach sou die rol voortsit op die televisiereeks, Law & Order: Trial by Jury, maar het gesterf na die verfilming van die eerste twee episodes. Die episodes is in Maart 2005 (na sy dood) uitgesaai en die vyfde episode van die reeks, "Baby Boom", is aan hom opgedra.

Persoonlike lewe

[wysig | wysig bron]

Orbach het in 1958 met Marta Curro getrou en hulle het saam twee seuns gehad, Anthony Nicholas en Christopher Ben; die paartjie het in 1975 geskei. In 1979 het hy met die Broadway-danseres, Elaine Cancilla, getrou; hulle het op die stel van Chicago ontmoet.

Hy het in Hell's Kitchen in Manhattan gewoon en was 'n gereelde besoeker aan die buurt se restaurante en winkels. Die kruising tussen 8th Avenue en 53rd Street is in 2007 na Orbach vernoem. Die planne vir die vernoeming was oorspronklik teëgesit deur die plaaslike beplanningsraad, maar hulle besware is mettertyd tot niet gemaak, danksy Orbach se gewildheid en sy liefde vir die stad.[1]

Dit was vroeg in Desember 2004 aangekondig dat Orbach reeds vroeër in die jaar begin het om behandeling vir prostaatkanker te ontvang: hy het op 28 Desember 2004 by die Memorial Sloan-Kettering Cancer Center in New York gesterf. Sy agent, Robert Malcolm, het na sy dood aangekondig dat Orbach reeds tien jaar vroeër met prostaatkanker gediagnoseer is.

Orbach het sy seuns, sy vroue en sy moeder agter gelaat. Hy was 'n oogskenker en sy oë het twee mense van blindheid gered. [2]

Toekennings en nominasies

[wysig | wysig bron]

Tony-toekennings

[wysig | wysig bron]
  • 1965 Nominasie: Beste akteur in 'n musiekblyspel (Guys and Dolls)
  • 1969 Gewen: Beste akteur in 'n musiekblyspel (Promises, Promises)
  • 1976 Nominasie: Beste akteur in 'n musiekblyspel (Chicago)

Ander

[wysig | wysig bron]

In 2002 het Orbach die eretitel "Living Landmark" ("lewende landbaken") verkry van die New York Landmarks Conservancy, saam met medespeler Sam Waterstone. Hy het gespot dat die titel beteken dat hulle hom nie kan sloop nie.[3]

Op 5 Februarie 2005 is hy posthuum die 2004 Screen Actors Guild Award toegeken vir "uitsonderlike opvoering deur 'n akteur in 'n dramareeks".

Op 18 September 2007 is 'n deel van 53rd Street in New York na Orbach vernoem.[4]

Toneelstukke

[wysig | wysig bron]

Off-Broadway

[wysig | wysig bron]
  • 1960 - The Fantasticks
  • 1964 - The Cradle Will Rock (heropvoering)
  • 1967 - Scuba Duba

Broadway

[wysig | wysig bron]
  • 1955 - Threepenny Opera
  • 1961 - Carnival!
  • 1965 - Guys and Dolls
  • 1966 - Annie Get Your Gun
  • 1967 - The Natural Look
  • 1968 - Promises, Promises
  • 1972 - 6 RMS RIV VU
  • 1975 - Chicago
  • 1980 - 42nd Street

Filmografie

[wysig | wysig bron]
  • 1955 - Guys and Dolls
  • 1958 - Cop Hater
  • 1961 - Mad Dog Coll
  • 1964 - Ensign Pulver
  • 1965 - John Goldfarb, Please Come Home
  • 1971 - The Gang That Couldn't Shoot Straight
  • 1972 - A Fan's Notes
  • 1975 - Fore Play
  • 1977 - The Sentinel
  • 1981 - Underground Aces
  • 1981 - Prince of the City
  • 1985 - Brewster's Millions
  • 1986 - The Imagemaker
  • 1986 - F/X
  • 1987 - Dirty Dancing
  • 1987 - Out On A Limb
  • 1987 - Someone to Watch Over Me
  • 1988 - I Love N.Y.
  • 1989 - Last Exit to Brooklyn
  • 1989 - Crimes and Misdemeanors
  • 1991 - Dead Women in Lingerie
  • 1991 - California Casanova
  • 1991 - Out for Justice
  • 1991 - Toy Soldiers
  • 1991 - Delusion
  • 1991 - Delirious
  • 1991 - Beauty and the Beast (stem)
  • 1992 - A Gnome Named Gnorm
  • 1992 - Straight Talk
  • 1992 - Universal Soldier
  • 1992 - Mr. Saturday Night
  • 1993 - The Cemetery Club
  • 1996 - Aladdin and the King of Thieves (stem)
  • 1999 - Temps
  • 2000 - The Acting Class
  • 2000 - Chinese Coffee
  • 2000 - Prince of Central Park
  • 2002 - Manna from Heaven
  • 2003 - Broadway: The Golden Age, by the Legends Who Were There
  • 2003 - Try to Remember: The Fantasticks
  • 2003 - Mickey's PhilharMagic (stem)

Televisiewerk

[wysig | wysig bron]
  • 1961 - Twenty-Four Hours in a Woman's Life
  • 1967 - Annie Get Your Gun
  • 1982 - Neil Simon's Plaza Suite
  • 1983 - The Special Magic of Herself the Elf
  • 1983 - An Invasion of Privacy
  • 1985 tot 1991 - Murder, She Wrote
  • 1986 - Dream West
  • 1986 - The Adventures of the Galaxy Rangers
  • 1987 - Out on a Limb
  • 1987 - Love Among Thieves
  • 1987 - Tales from the Darkside
  • 1987 tot 1988 - The Law and Harry McGraw
  • 1989 - Perry Mason: The Case of the Musical Murder
  • 1989 - The Flamingo Kid
  • 1990 - Kojak: None So Blind
  • 1990 - The Golden Girls
  • 1990 - In Defense of a Married Man
  • 1991 - Perry Mason: The Case of the Ruthless Reporter
  • 1992 - Neil Simon's Broadway Bound
  • 1992 - Quiet Killer
  • 1992 - Mastergate
  • 1992 tot 2004 - Law & Order
  • 1996, 1997 en 1999 - Homicide: Life on the Street (gasrolle)
  • 1998 - Exiled: A Law & Order Movie
  • 1999 - Encounters With the Unexplained
  • 1999 - Law & Order: Special Victims Unit
  • 2001 - Law & Order: Criminal Intent
  • 2001 - The Hunt
  • 2004 - Broadway: The American Musical
  • 2005 - Law & Order: Trial by Jury

Verwysings

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is 'n vertaling van die Engelse Wikipedia artikel, Jerry Orbach
  1. NY Times artikel 3/7/07
  2. Eye Bank advertising campaign information Geargiveer 16 Februarie 2010 op Wayback Machine, besoek op 2007-01-12.
  3. Oorspronklike aanhaling: "This means that they can't tear me down." vanuit Remembering Jerry Orbach. Laaste besoek op 6 November 2007.
  4. Street renamed in Orbach's honor by die webwerf van die New York Times.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]