JA21
JA21 | |
Leier | Joost Eerdmans |
---|---|
Gestig | 18 Desember 2020 |
Afgestig van | Forum vir Demokrasie |
Hoofkwartier | Tweede Boerhaavestraat 55E, Amsterdam |
Ideologie | Konserwatisme, ekonomiese liberalisme, euroskeptisme |
Internasionale affiliasie | European Conservatives and Reformists Party (ECR party) |
Amptelike kleure | vlootblou en karmosynrooi |
Webblad | ja21.nl |
JA21 (statutêre naam: Conservatieve Liberalen) is 'n Nederlandse regs-populistiese, konserwatief-liberale politieke party. Die party se naam is 'n afkorting van Het Juiste Antwoord ("Die Regte Antwoord"), sowel as van die name van die stigters, Joost Eerdmans en Annabel Nanninga, en beteken ook "ja" soos in Afrikaans.[1]
JA21 is in Desember 2020 gestig nadat baie prominente lede van die Forum vir Demokrasie in November van daardie jaar hul party verlaat het weens rassistiese, antisemitiese en homofobiese uitlatings deur die FVD se jeugvleuel.[2] Die drie lede van die FVD-verteenwoordigers in die Europese Parlement het almal gou na JA21 oorgeloop,[3] net soos sewe lede van die Eerste Kamer wat die FVD al vroeër verwerp het.[4] Tydens die verkiesing van die Tweede Kamer in 2021 het JA21 drie setels gewen. In die verkiesings op 22 November 2023 het JA21 één setel behaal.
Beleidsgewys is die party nie ver verwyderd van die FVD nieː minder invloed van die Europese Unie, minder immigrasie en meer wet en orde.[5]
Partyleier
[wysig | wysig bron]- Joost Eerdmans: 18 Desember 2020 – nou
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Eerdmans en Nanninga doen met 'JA21' mee aan verkiezingen. NOS.nl, 18 Desember 2020.
- ↑ 15 partijprominenten, Staten- en gemeenteraadsleden van FVD stappen op. NU.nl, 26 November 2020.
- ↑ Eerdmans' JA21 krijgt in één klap drie zetels in Europees Parlement. RTV Rijnmond, 20 Desember 2020.
- ↑ Ex-FvD-senatoren stappen over naar JA21. De Telegraaf, 24 Desember 2020.
- ↑ JA21: grondbeginselen en standpunten. Geraadpleeg op 26 September 2021.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Het Juiste Antwoord (JA21), Parlement.com
- JA21 (Conservatieve Liberalen), DNPP