Gaan na inhoud

Islam

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Islam

Lande met noemenswaardige Islamitiese bevolkings
Verspreiding van die oorheersende Islamitiese regskole volgens lande en streke
Die ster en sekelmaan, 'n simbool van Islam
Allah in Arabies, 'n simbool van Islam
'n Kalligrafie van die Sjahada in Arabies – in die vorm van 'n moskee
Biddende Moslems in Kaïro, skildery deur Jean-Léon Gérôme, 1865
Die Kaäba in Mekka
Die Moskee van die Profeet Mohammed in Medina
Die Rotskoepel in Jerusalem
Grot van die Patriarge in Hebron

Islam (Arabies: الإسلام, al-ʾIslām, [alʔisˈlaːm], ) is een van die drie groot monoteïstiese godsdienste, saam met Christendom en Judaïsme. Volgelinge van Islam staan bekend as Moslems1.

Die godsdiens steun op die beweerde verligting van die profeet Mohammed, wat sy "goddelike openbarings" in die Koran neergeskryf het, en die Soenna, die mondelinge oorlewering. Albei staan onder die invloed van heidens-Arabiese, Joodse, Christelike en gnostiese tradisies en leerstellings.

Nes Christendom en Judaïsme is Islam 'n Abrahamitiese geloof en dus glo Moslems dat Adam, Noag, Abraham, Moses en Jesus heilige profete van Allah is.[1] Moslems glo ook dat die mens in die Laaste Oordeel geoordeel sal word op grond van sy handelinge en dienooreenkomstig na die paradys of die hel gestuur sal word. Vir hulle is daar geen ander god as Allah nie, en Mohammed is sy laaste profeet.[2] Allah beteken letterlik "die God" in Arabies.

Die land met die grootste Moslembevolking is Indonesië.[3] Die grootste Moslembevolkings is meestal in Afrika en Asië geleë. Moslems kan hoofsaaklik in twee godsdienstige denominasies verdeel word – Soenniete (75–90%) en Sjiiete (10–20%). Met sowat 1,8 miljard volgelinge wat soveel as 24% van die wêreldbevolking bevat, is Islam dus die tweede grootste godsdiens. Islam is ook die vinnigste groeiende godsdiens ter wêreld.[4][5][6]

Betekenis van die woord "Islam"

[wysig | wysig bron]

Die woord Islam beteken onderwerping en wys op die geloofsbeginsels dat 'n aanhanger van Islam homself onderwerp aan Allah (God) se wil.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Vroeë verspreiding van Islam

[wysig | wysig bron]

Volgens Moslems is Islam gegrond op God se openbaringe aan die profeet Mohammed. Dié is omstreeks 571 in die stad Mekka in Arabië gebore en het op sowat veertigjarige leeftyd met sy predikings begin.

Koran en Hadit

[wysig | wysig bron]

Moslems glo dat die profeet Mohammed God se woorde in die Koran van die aartsengel Gabriël ontvang het. Die Koran is die godsdienshandboek van Islam. Die aartsengel Gabriël in 'n menslike gedaante aan Mohammed verskyn terwyl hy in 'n grot naby Mekka gemediteer het. Die nag toe dit gebeur het, staan bekend as Lailat al-'Kadr, maar die presiese datum is onbekend en word nie eens in die Koran genoem nie.[7][8]

Gebruike en rituele in Islam

[wysig | wysig bron]

Die Vyf Pilare van die Islam

[wysig | wysig bron]
  1. Geloof: Die getuienis (sjahada in Arabies) van die Islamitiese geloof dat daar geen ander God as God bestaan nie, en dat Mohammed sy boodskapper is.
  2. Gebed: Moslems kniel gereeld op 'n gebedmat om vyf keer per dag in die rigting van Mekka te bid. Baie matte het deesdae ook 'n spesiale kompas om vir die bidder aan te dui in watter rigting Mekka is. Gebed staan bekend as salaah. Die Vrydaggebed vind op die "dag van versameling" (يوم الجُمْعَة, Jaum al-djoem'a) in die moskee plaas.
  3. Liefdadigheid: Moslems wat genoeg geld het, moet hulle aalmoese (zakaat) aan verarmde mense skenk.
  4. Vas: Tydens die maand Ramadan, die negende maand van die Islamitiese jaar moet Moslems vas (pwasa). Na hierdie vas kom die Eid-oel-Fiter-fees.
  5. Pelgrimstog (hadj): Moslems moet die stad van Mekka in Saoedi-Arabië minstens een keer besoek.

Heilige plekke

[wysig | wysig bron]

Mekka, Medina, Jerusalem en Hebron vorm die vier heilige stede van Islam.[9]

Mekka

[wysig | wysig bron]

Die groot moskee in Mekka is om die Kaäba gebou. In die muur van die Kaäba is die Swart Steen, wat volgens die Moslems uit die hemel geval het as 'n teken van die eerste verbond tussen God en die mensdom.

Die Kaäba is Islam se heiligste plek. Elke Moslem wat gesond en vry van skuld is en die reis kan bekostig, moet die pelgrimstog na Mekka minstens een keer in sy lewe onderneem om die Kaäba en ander heilige plekke te besoek.

Medina

[wysig | wysig bron]

Die Moskee van die Profeet bevat die graf van die profeet Mohammed en maak dié stad die tweede heiligste binne Islam. Dit vorm deel van die jaarlikse hadj van Moslems.

Jerusalem

[wysig | wysig bron]

Jerusalem (القُدس; al-Quds, "die Heilige") word in Islam as 'n heilige plek beskou, aangesien die profeet Mohammed volgens oorlewering na 'n gebed op 'n rots van hier na die hemel opgevaar het. Tot in die jaar 624 het die Moslems in die rigting van Jerusalem gebid.

Omar, die tweede regmatige kalief, word na die Arabiese verowering van Jerusalem in die jaar 637 deur die patriarg van die stad uitgenooi om by die heilige plekke te bid. Hy wys dit egter van die hand om nie die gevoelens van die Christene te krenk nie. Die Islamitiese heersers van Jerusalem belemmer dan ook nóg voor nóg na die Kruistogte die pelgrimstogte van Christelike gelowiges na Jerusalem.

Hebron

[wysig | wysig bron]

In Hebron is die Grot van die Patriarge geleë wat van die stad die vierde heiligste in Islam maak.

Feeste en herdenkings

[wysig | wysig bron]

Eid-oel-Adha (Offerfees) en Eid-oel-Fiter (Suikerfees) is die twee heiligste feeste in Islam en word deur Moslems wêreldwyd algemeen aanvaar. Daarbenewens vier aparte Islamitiese groeperinge nog verskillende feeste; van hulle het verskeie oorspronge en tradisies. Van die vernaamste feeste en herdenkings sluit in Asjoera, Lailat al-'Kadr en Mawlid an-Nabi.

Groeperinge in Islam

[wysig | wysig bron]
  • Soenniete
  • Sjiiete
  • Volks-Islam
  • Wahabi
  • Ibadi
  • Salafisme
  • Alawitisme
  • Alevitisme
  • Ahl-e Haqq (Yarsani)

Islamitiese mistisisme

[wysig | wysig bron]

Notas

[wysig | wysig bron]
  1. Daar word soms na Moslems verwys as "Mohammedane". Die term word egter as beledigend ervaar aangesien dit suggereer dat hulle die profeet Mohammed aanbid, wat nie die geval is nie. Die term het in elk geval in Afrikaans grootliks in onbruik verval.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "People of the Book". Islam: Empire of Faith. Public Broadcasting Service. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2019. Besoek op 18 Desember 2010.
  2. (ar) (en) quran.com: [1]
  3. (en) Islam in Indonesia: Contrasting Images and Interpretations, bl. 68, Kees van Dijk – 2013
  4. (en) PBS – Islam: Empire of Faith – Faith – Islam Today.
  5. (en) Lippman, Thomas W. (7 April 2008). "No God But God". U.S. News & World Report. Besoek op 24 September 2013.
  6. (en) Burke, Daniel (4 April 2015). "The world's fastest-growing religion is ..." CNN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 18 April 2015.
  7. (en) Amirul Hadi. Islam and state in Sumatra: a study of seventeenth-century Aceh. p. 128. ISBN 978-9004129825.
  8. (en) Marjo Buitelaar. Fasting and feasting in Morocco: women's participation in ramzan. p. 64. ISBN 978-0-85496-321-8.
  9. (en) "Hebron". Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2020. Besoek op 13 Januarie 2019.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Algemeen

[wysig | wysig bron]

Islam in Suid-Afrika

[wysig | wysig bron]

Moslemkultuur

[wysig | wysig bron]

Islamitiese skakels

[wysig | wysig bron]

Opposisie teen Islam

[wysig | wysig bron]