Intourist
Hoofkantoor
Stigting
1929
Tipe
Dogtermaatskappy
Moedermaatskappy
Anex Tourism Group, Turkye
Webtuiste
www.intourist.com
Intourist (Russies: Интурист, 'n afkorting van inostranny turist of «buitelandse toeris») is 'n Russiese reisagentskap wat sedert 2019 in besit van die Turkse Anex Tourism Group is. Die agentskap het belange in die Russiese toerismesektor en bedryf onder meer hotelle. Die onderneming het in die Sowjettydperk bekendheid verwerf as toerismekantoor en reisagentskap in staatsbesit wat met sy stigting in 1929 die monopolie vir buitelandse toerisme in die Sowjetunie verkry het.
Ná die ontbinding van die Sowjetunie is Intourist in 1992 geprivatiseer. Tot en met November 2010 het die Russiese houermaatskappy Sistema en die Brits-Duitse toerismegroep Thomas Cook Group elkeen vyftig persent van Intourist se aandele besit.[1] Later is die onderneming in sy geheel deur Thomas Cook oorgeneem. Nadat Thomas Cook in 2019 bankrot gespeel het, is Intourist in November van dieselfde jaar deur die Turkse Anex oorgeneem.[2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Intourist.
- Intourist-plakkate uit die Sowjet-tydperk
- Historiese persberigte