Gaan na inhoud

Indiese bokvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Indiese bokvis
Skets van 'n naverwante spesie
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Familie:
Genus:
(Bleeker, 1863)
Spesie:
P. indicus
Binomiale naam
Parupeneus indicus
(Shaw, 1803)[1]

Die Indiese bokvis (Parupeneus indicus) is 'n vis wat in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Port Alfred voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Indian goatfish.

Voorkoms

[wysig | wysig bron]

Die vis het twee lang baarde wat aan die ken geheg is. Daar is 'n swart kol langs die stertvin se basis en 'n groter, langwerpige goudkleurige kol op die sylyn tussen die twee dorsale vinne. Die vis word tot 35 cm lank.

Habitat

[wysig | wysig bron]

Die vis leef op seegrasbeddings en sanderige bodems naby riwwe. Hulle vreet skaaldiere, seekat, wurms en ander vis.

Kyk ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel

[wysig | wysig bron]