Incheon
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Suid-Korea |
Streek | Sudogwon |
Koördinate | 37°29′N 126°38′O / 37.483°N 126.633°O |
Stigting | 1883 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 1 062,63 vk km |
Hoogte bo seevlak | 15 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2020) | 2 954 955 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 800/vk km |
Tydsone | UTC 9 (KST) |
Burgemeester | Park Nam-choon |
Amptelike webwerf | incheon.go.kr |
Incheon (Koreaans: 인천광역시, [intɕʰʌ̹n], letterlik: "vriendelike rivier") is die derde grootste stad naas die hoofstad Seoel en Busan in die noorde van Suid-Korea en is in die weste van die Koreaanse Skiereiland geleë. Die stad het 'n bevolking van 2 954 955 in 2020 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 1 062,63 km².
Die stad is aan die Geelsee geleë en grens in die noorde aan Noord-Korea. Dit is die belangrikste lughawestad van Suid-Korea en huisves die reuse Incheon Internasionale Lughawe, wat die hoofstad Seoel bedien. Die lughawe het 'n gholfbaan, 'n spa, private slaapkamers, ysskaatsbaan, 'n kasino, binnenshuise tuine en 'n museum van die Koreaanse kultuur. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 wat Japan en Suid-Korea saam aangebied het.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Incheon.
- (en) Toerisme-inligting oor Incheon op Wikivoyage
- (ko) Amptelike webwerf