Gaan na inhoud

Onderbrekingsversoek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf IRQ)

In rekenaarwetenskap is 'n onderbrekingsversoek (Engels: Interrupt request of IRQ) 'n term wat gebruik word om te verwys na die bewerking waar die buslyne onderbreek word deur 'n sein of dan die onderbrekingsinsetlyne van 'n programmeerbare onderbrekingsbestuurder (Engels: Programmable Interrupt Controller of PIC). Onderbrekingslyne word dikwels geïdentifiseer met 'n indeks wat geskryf word in die formaat IRQ gevolg deur 'n nommer.

Op die Intel 8259-reeks PIC's is daar agt onderbrekingsinsette wat gewoonlik na verwys word as IRQ0 tot IRQ7. In x86-gebaseerde rekenaarstelsels wat twee van hierdie PIC's gebruik, word die gekombineerde stel lyne na verwys as IRQ0 tot IRQ15.

Nuwer x86-stelsels integreer 'n APIC wat ooreenstem met die Intel APIC-argitektuur. Hierdie APIC's ondersteun 'n programmeerkoppelvlak vir soveel as 255 fisiese hardeware IRQ-lyne per APIC, met 'n tipiese stelsel wat ondersteuning vir slegs sowat 24 hardewarelyne bied.

Sien Intel 8259 vir 'n lys van hardeware IRQ-lyne in x86-stelsels.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  • Gilluwe, Frank van. The Undocumented PC, Second Edition, Addision-Wesley Developers Press, 1997. ISBN 0-201-47950-8
  • Shanley, Tom. ISA System Architecture, Third Edition, Addison-Wesley Publishing Company, 1995. ISBN 0201409968
  • Solari, Edward. PCI & PCI-X Hardware and Software Architecture & Design, Sixth Edition, Research Tech Inc., 2004. ISBN 0976086506