Gaan na inhoud

Hepatitis B

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hepatitis B
Klassifikasie en eksterne bronne
’n Elektronmikrograaf van die hepatitis B-virus.
’n Elektronmikrograaf van die hepatitis B-virus.
ICD-10 B16 - B19
DiseasesDB 5765
MeSH D006509
Mediese waarskuwing

Hepatitis B is ’n aansteeklike siekte wat veroorsaak word deur die hepatitis B-virus (HBV), wat die lewer aantas.[1] Dit kan beide akute en chroniese infeksies veroorsaak.[1]

Baie mense het geen simptome tydens die aanvanklike infeksie nie,[1] maar sommige kry skielike simptome soos braking, ’n geel vel, moegheid, donker urine en maagpyn.[1] Die aanvanklike simptome duur gewoonlik ’n paar weke en veroorsaak selde die dood.[1][2] Dit kan 30 tot 180 dae duur voor die simptome begin.[1]

Sowat 90% van dié wat om en by die tyd van hul geboorte besmet raak, ontwikkel chroniese hepatitis B, terwyl minder as 10% van mense wat ná die ouderdom van vyf besmet raak, dit ontwikkel.[3] Hoewel die meeste mense geen simptome het nie, kan sirrose en lewerkanker eindelik ontwikkel.[4] Dié komplikasies lei tot die dood van 15% tot 25% van mense met die chroniese siekte.[1]

Oorsaak en diagnose

[wysig | wysig bron]

Die virus word oorgedra deur blootstelling aan bloed of liggaamsvloeistowwe.[1] Infeksie om en by die tyd van geboorte of weens kontak kleintyd met ander mense se bloed is die mees algemene manier waarop hepatitis B opgedoen word in gebiede waar die siekte algemeen voorkom.[1] In gebiede waar die siekte skaars is, is dwelmgebruik en seks die algemeenste maniere van oordrag.[1] In die 1980's het tatoeëring en akupunktuur ook soms tot infeksies gelei, maar dit het minder algemeen geraak namate die sterilisasie van instrumente verbeter het.[5]

Die infeksie kan tussen 30 en 60 dae ná blootstelling gediagnoseer word, gewoonlik met ’n bloedtoets.[1] Die virus is een van vyf hoofoorsake van hepatitis. Die ander is hepatitis A, C, D en E.[6]

Voorkoming en behandeling

[wysig | wysig bron]

hepatitis B kan sedert 1982 met inenting voorkom word.[1][7] Die Wêreldgesondheidsorganisasie beveel inenting binne die eerste dag ná geboorte aan indien moontlik.[1] Dit werk sowat 95% van die tyd.[1] Daar word ook aanbeveel dat alle bloed vir hepatitis B getoets word voor ’n bloedoortapping en kondome gebruik word tydens seks om infeksie te voorkom.[1]

In mense wat chronies siek word, kan antivirale medikasie soos tenofovir of interferon nuttig wees, maar dit is duur.[1] ’n Leweroorplanting is soms nodig in die geval van sirrose.[1]

Voorkoms

[wysig | wysig bron]

Sowat ’n derde van die wêreld se bevolking is in die een of ander stadium van hul lewe aangetas, insluitende 343 miljoen wat ’n chroniese infeksie het.[8][1][9] Meer as 750 000 mense sterf jaarliks aan hepatitis B,[1] waarvan 300 000 weens lewerkanker is.[10]

Die siekte is nou net algemeen in Oos-Asië en Afrika suid van die Sahara, waar tussen 5% en 10% van volwassenes ’n chroniese infeksie het.[1] In Europa en Noord-Amerika is die syfer minder as 1%.[1] Navorsing word gedoen na die moontlike vervaardiging van kos met HBV-inenting.[11]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 1,12 1,13 1,14 1,15 1,16 1,17 1,18 1,19 1,20 "Hepatitis B Fact sheet N°204". who.int (in Engels). Julie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2018. Besoek op 4 November 2014.
  2. Raphael Rubin; David S. Strayer (2008). Rubin's Pathology : clinicopathologic foundations of medicine ; [includes access to online text, cases, images, and audio review questions!] (5. uitg.). Philadelphia [u.a.]: Wolters Kluwer/Lippincott Williams & Wilkins. p. 638. ISBN 9780781795166. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2015.
  3. "Hepatitis B FAQs for the Public — Transmission" (in Engels). U.S. Centers for Disease Control and Prevention (CDC). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 29 November 2011.
  4. Chang MH (Junie 2007). "Hepatitis B virus infection". Semin Fetal Neonatal Med. 12 (3): 160–167. doi:10.1016/j.siny.2007.01.013. PMID 17336170.
  5. Thomas HC (2013). Viral Hepatitis (4th uitg.). Hoboken: Wiley. p. 83. ISBN 9781118637302. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2015.
  6. Global hepatitis report 2017 (PDF). WHO. 2017. ISBN 978-92-4-156545-5.
  7. Pungpapong S, Kim WR, Poterucha JJ (2007). "Natural History of Hepatitis B Virus Infection: an Update for Clinicians". Mayo Clinic Proceedings. 82 (8): 967–975. doi:10.4065/82.8.967. PMID 17673066.
  8. GBD 2015 Disease and Injury Incidence and Prevalence, Collaborators. (8 Oktober 2016). "Global, regional, and national incidence, prevalence, and years lived with disability for 310 diseases and injuries, 1990-2015: a systematic analysis for the Global Burden of Disease Study 2015". Lancet. 388 (10053): 1545–1602. doi:10.1016/S0140-6736(16)31678-6. PMC 5055577. PMID 27733282. {{cite journal}}: |first1= has generic name (hulp)
  9. Schilsky ML (2013). "Hepatitis B "360"". Transplantation Proceedings. 45 (3): 982–985. doi:10.1016/j.transproceed.2013.02.099. PMID 23622604.
  10. GBD 2013 Mortality and Causes of Death, Collaborators (17 Desember 2014). "Global, regional, and national age-sex specific all-cause and cause-specific mortality for 240 causes of death, 1990–2013: a systematic analysis for the Global Burden of Disease Study 2013". Lancet. 385 (9963): 117–71. doi:10.1016/S0140-6736(14)61682-2. PMC 4340604. PMID 25530442. {{cite journal}}: |first1= has generic name (hulp)
  11. Thomas, Bruce (2002). Production of Therapeutic Proteins in Plants. p. 4. ISBN 9781601072542. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2015. Besoek op 25 November 2014.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]