Gaan na inhoud

Granaatsteen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die halfedelsteen. Vir die plant en sy vrug, sien pomegranaat.
Granaatsteen
 
Nickel-Strunz (10) 9.AD.25  
Ruimtegroep Ia3d 
Strukturbericht-kode S1₄ 
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Granaat is 'n groep minerale met dieselfde kubiese struktuur. Van die lede is almandiet, piroop, spessatiet, andradiet, grossulariet en uvaroviet.[1] Granate word gewoonlik as halfedelstene beskou omdat hulle hardheid gewoonlik 7 (Mohs) of minder is.

Aanwendings

[wysig | wysig bron]

Granaat is hard genoeg dat dit talle aanwendings in die tegniek het. In die Verenigde State word dit hoofsaaklik as 'n skuurmiddel gebruik, veral vir waterstraalsny.[2]

Vorming

[wysig | wysig bron]

Granate word veral gevorm naby konvergente plaatrande waar aluminiumryke skalie onder hoë druk en hoë temperature metamorfose ondergaan.[2]

Struktuur

[wysig | wysig bron]

Die argetipiese formule is Ca3Al2(SiO4)3. Die algemene formule X3Y2(ZO4)3. Granate is nesosilikate met tetraëdriese SiO4-groepe.

Die granaatstruktuur is kubies, maar die eenheidsel is taamlik groot (a is ongeveer 12 A). Die sel bevat 8 formule-eenhede, dws 160 atome in totaal. Die drie soorte atome (24Ca, 16Al en 24Si) is in holtes tussen die 96 suurstofatome. Daar is drie verskillende holtes. Die kleinste tetraëdriese holte (Z) word gewoonlik deur Si ingeneem, maar soms deur atome soos Ge of Fe. Die aluminiumholte [Y] is oktaëdries en dit kan deur talle ander elemente vervang word. Die grootste holte {X} is 'n vervormde kubus, hoewel dit soms ook as dodekaëder benoem word - en word in die argetipe deur kalsium ingeneem, maar ook hierdie kan vervang word.[3]

Beskrywing van die granaatstruktuur se posisies
Holte {X} [Y] (Z)
Puntsimmetrie 222 3 4 1
Ruimtegroepposisie 24c 16a 24d 96h
Argetipiese besetting {Ca₃} [Al2] (Si3) O12
Koördinasiegetal 8 6 4
Poliëder Vervormde kubus oktaëder tetraëder

Die grootte van die eenheidsel wissel afhanklik van watter element die drie soorte holtes beset. Die volgende tabel gee 'n idee van die verskeidenheid aan elemente wat 'n granaatstruktuur kan oplewer. Hierdie gegewens is gebaseer op sintetiese granate met 'n bekende, vaste samestelling. Natuurlike granate kan baie wissel in hulle samestelling. Hulle is gewoonlik mengkristalle. Chemiese ontleding van 'n bepaalde grossularietkristal het byvoorbeeld die samestelling {Ca2,84Mg0,18}[Al1,63Fe0,25Mg0,11Ti0,02](Si2,96Al0,06)O12 opgelewer.[3]

{X} [Y] (Z) a
Ca2 Al3 Si4 1,1851
Mg2 Al3 Si4 1,1459
Ca2 Sc3 Si4 1,227
Ca2 V3 Si4 1,209; 1,2070; 1,2068
Ca2 Cr3 Si4 1,200; 1,1999
Ca2 Fe3 Si4 1,2048; 1,2059, 1,2067
Ca2 Ga3 Si4 1,200
Ca2 In3 Si4 1,235
Mn2 Al3 Si4 1,1621
Mn2 Fe3 Si4 1,182
Fe2 Al3 Si4 1,1526
Co2 Al3 Si4 1,1471
Cd2 Al3 Si4 1,182
Cd2 V3 Si4 1,209
Ca2 Al3 Ge4 1,212
Ca2 Sc3 Ge4 1,2504
Ca2 V3 Ge4 1,2320
Ca2 Cr3 Ge4 1,2265; 1,2275
Ca2 Mn3 Ge4 1,2325
Ca2 Fe3 Ge4 1,2320; 1,2312
Ca2 Ga3 Ge4 1,2251
Ca2 In3 Ge4 1,262; 1,259
Ca2 Rh3 Ge4 1,235
Ca2 Y3 Ge4 1,2805
Ca2 Dy3 Ge4 1,283
Ca2 Ho3 Ge4 1,281
Ca2 Er3 Ge4 1,2785
Ca2 Tm3 Ge4 1,2765
Ca2 Yb3 Ge4 1,274
Ca2 Lu3 Ge4 1,273
Sr2 Sc3 Ge4 1,2785
Sr2 In3 Ge4 1,287; 1,288
Sr2 Y3 Ge4 1,3085; 1,3091
Sr2 Ho3 Ge4 1,309
Sr2 Er3 Ge4 1,3065
Sr2 Tm3 Ge4 1,304
Sr2 Yb3 Ge4 1,303
Sr2 Lu3 Ge4 1,301
Mn2 Al3 Ge4 1,1902
Mn2 V3 Ge4 1,2125; 1,2099
Mn2 Cr3 Ge4 1,2027
Mn2 Fe3 Ge4 1,2087
Mn2 Ga3 Ge4 1,2043
Cd2 Al3 Ge4 1,2077
Cd2 Sc3 Ge4 1,2447
Cd2 V3 Ge4 1,229
Cd2 Cr3 Ge4 1,2213
Cd2 Mn3 Ge4 1,227
Cd2 Fe3 Ge4 1,2261
Cd2 Ga3 Ge4 1,2191
Cd2 In3 Ge4 1,2515
Cd2 Rh3 Ge4 1,2285
Y3 Al3 Al3 1,2002
Gd3 Al3 Al3 1,2111
Tb3 Al3 Al3 1,2074
Dy3 Al3 Al3 1,2042
Ho3 Al3 Al3 1,2011
Er3 Al3 Al3 1,1981
Tm3 Al3 Al3 1,1957
Yb3 Al3 Al3 1,2002
Lu3 Al3 Al3 1,1912
Y3 Fe3 Fe3 1,2376
Sm3 Fe3 Fe3 1,2529
Eu3 Fe3 Fe3 1,2518; 1,2498
Gd3 Fe3 Fe3 1,2475
Tb3 Fe3 Fe3 1,2442
Dy3 Fe3 Fe3 1,2409
Ho3 Fe3 Fe3 1,2377
Er3 Fe3 Fe3 1,2348
Tm3 Fe3 Fe3 1,2002
Yb3 Fe3 Fe3 1,2296
Lu3 Fe3 Fe3 1,2280
Y3 Ga3 Ga3 1,2275
Pr3 Ga3 Ga3 1,2545
Nd3 Ga3 Ga3 1,2506
Sm3 Ga3 Ga3 1,2433
Eu3 Ga3 Ga3 1,2402
Gd3 Ga3 Ga3 1,2375
Dy3 Ga3 Ga3 1,2307
Er3 Ga3 Ga3 1,2255
Yb3 Ga3 Ga3 1,2202
Lu3 Ga3 Ga3 1,2185

Die tabel hierbo bevat nie alle elemente wat in 'n granaatstruktuur ingebou kan word nie. Litium, natrium koper en sink kan byvoorbeeld ook daarin aangetref word. Die optiese en magnetiese eienskappe van 'n granaat hang sterk af van watter elemente dit bevat en in watter holtes hulle teenwoordig is. Yster kan byvoorbeeld in al drie holtes gevind word. Suiwer yttriumaluminiumgranaat is byvoorbeeld kleurloos en diamagneties, maar as 'n deel van die yttrium deur neodimium vervang word, kry die kristal 'n kleur en word dit paramagneties. Sulke kristalle word dikwels in lasers aangewend.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "mindat 1755" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2020.
  2. 2,0 2,1 "geology.com" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2020.
  3. 3,0 3,1 Crystal chemistry of the garnets, S. Geller Zeitschrift für Kristallographie, 125, bls. 1-47 (1967).