Gilgal
Gilgal (Hebreeus: גִּלְגָּל, Ghilghāl), ook bekend as Galgala of Galgalatokai van die 12 Stene (Grieks: Γαλαγα of Γαλγαλατοκαι Δωδεκαλίθων, Dōdekalithōn), is die naam van een of meer plekke in die Ou Testament. Gilgal word 39 keer genoem, veral in die Boek van Josua, as die plek waar die Israeliete kampeer het nadat hulle die Jordaanrivier oorgesteek het (kyk Josua 4:19 – 5:12). Volgens Josua 5 het die Here die smaad van Egipte by Gilgal van die Israeliete afgewentel, en die woord גִּלְגָּל herinner ook aan die Hebreeuse woord vir 'rol', גָלִיל.[1] Gilgal word ook met 'n klipsirkel in verband gebring.[2] Die naam verskyn in Koine-Grieks op die Medebakaart.[3]
Plekke bekend as Gilgal in die Bybel
[wysig | wysig bron]In Joshua 4–5
[wysig | wysig bron]Volgens Josua 4:19, is Gilgal is 'n plek "aan die oostekant van Jericho" waar die Israeliete na hul oorsteek van die Jordaan kampeer het. Daar het hulle twaalf stene opgerig as 'n gedenkteken van die ingrypende opdroging van die Jordaanrivier toe hulle dit oorgesteek het.[4] Josua het dan die Israeliete wat tydens die uittog uit Egipte gebore is opdrag gegee om by hierdie plek besny te word. Die Bybel verwys na hierdie plek as Givat Ha'aralot, of 'die heuwel van voorhuide', en verduidelik dan dat Josua die plek Gilgal noem omdat die Here die smaad van Egipte hier van die Israeliete afgewentel (galoti) het.[5]
Sekere geleerdes spekuleer dat die sirkel van 12 stene die ongespesifiseerde heiligdom was wat in die Boek van Amos (4:4 en 5:5) en Boek van Hosea (4:15) gekondemneer word.[6]
Elders in Josua
[wysig | wysig bron]"Die koning van die Gojim, of Gilgal" word onder die 31 konings gelys wat deur Joshua verslaan is.[7] Sy stad word deur Eusebius aangedui as Jaljulia.[8]
"Gilgal" word vermeld as 'n plek op die grens van die stamme van Juda en Benjamin, naby Ma'ale Adumim.[9]
In Deuteronomium
[wysig | wysig bron]In die Boek van Deuteronomium 11:29–30, is Gilgal 'n plek tennoor Gerizim- en Ebalberg.
In die Boek van Samuel
[wysig | wysig bron]'n Plek genaamd Gilgal word by Samuel se jaarlikse reisplan ingesluit, en is die ligging waar hy offerhandes gebring het nadat Saul as koning gesalf is, en waar hy Saul se koningskap in die volksteenwoordigheid herbevestig het.[10]
In 1 Samuel 15 is Gilgal die plek waar Samuel vir Koning Agag in stukke kap nadat Saul die opdrag van God verontagsaam om die Amalekiete uit te delg.[11]
Met Koning Dawid se terugkeer na Jerusalem ná die dood van sy seun Absalom (2 Samuel 19), het hy by 'n Gilgal aangedoen. Van daar af word hy na Jerusalem begelei deur stamlede van Juda en Benjamin.[12] Dit mag egter net nog 'n "sirkel van opgerigte stene" wees[13] (of dieselde een wat in verband met Elia en Elisa genoem word, aangesien Bethel op die Gilgal-roete is, en ander vermoedelike liggings Gilgal verder weg as die orige twee plaas), en dit is sprekend dat dit in die Bybel as 'n heilige eerder as heidense plek aangedui word.
In die Boek van Konings
[wysig | wysig bron]In die Koningsboeke word 'n Gilgal beskryf as die tuiste van 'n groep profete. Die teks meld dat Elia en Elisa van Gilgal na Bethel gereis het, en van daar na Jericho en die Jordaanrivier,[14] wat sou aandui dat dit in die nabye van Bethel was, en ver van Josua se Gilgal naby Jericho.
As "Gilgal" 'n "sirkel van staande stene" beteken, is dit denkbaar dat daar meer as een plek met dié naam sou wees, en ten spyte van uiteenlopende sienings, word dit algemeen beskou as 'n ander Gilgal as dié van Josua. Dit is al met die Jaljulia-nedersetting, omtrent 11 km noord van Bethel in verband gebring. Dit is van belang dat die Koningsboeke dit aandui as 'n heilige plek, wat suggereer dat klipsirkels ten tye van die opstel van die bronteks 'n positiewe godsdienstige konnotasie gehad het, en nie deur godsdienstige hervorminge gekondemneer is nie.
In Hosea
[wysig | wysig bron]In Hosea 9 word Gilgal vermeld by God se terregwysing van die Israeliete: 'Die Here spreek: Al hulle boosheid het by Gilgal ontstaan. Toe reeds het Ek hulle gehaat oor hul bose handelinge. Ek sal hulle uit my huis verdrywe en hulle nie meer liefhê nie. Al hulle vorste is in opstand teen My.'[15]
Eksterne skakel
[wysig | wysig bron]- Dror Eydar en Yosef Hartuv, Professor Adam Zertal - In the footsteps of ancient Israelite kings, 18 September 2013
Verwysings
[wysig | wysig bron]
- ↑ Joshua 5, NIV, BibleGateway
- ↑ Kotter, Wade R. (1990). "Gilgal (Place)". In David Noel Freedman (red.), Anchor Yale Bible Dictionary. Band 2, pp. 1022-1024.
- ↑ Piccirillo, Michele (21 September 1995). "A Centenary to be celebrated". Jordan Times (in Engels). Franciscan Archaeology Institute. Besoek op 18 Januarie 2019.
- ↑ Josua 4
- ↑ Josua 5:9
- ↑ Jewish Encyclopedia, Book of Joshua; Gilgal
- ↑ Joshua 12:23
- ↑ "ג'לג'וליה – עמוד ענן".
- ↑ Josua 15:7
- ↑ 1 Samuel 7 en 11
- ↑ Sjabloon:Bibleverse
- ↑ Sjabloon:Bibleverse
- ↑ Strong's Concordance: Gilgal
- ↑ Sjabloon:Bibleverse
- ↑ Sjabloon:Bibleverse