Gereformeerde kerk Wondersig
Gereformeerde Kerk Wondersig | ||
Sluit in | Bosbokrand Bourke's Luck Blydepoort Graskop Hazyview Mangwazi Pelgrimsrus Sabie | |
Klassis | Lydenburg | |
Huidige predikant(e) | Vakant | |
Belydende lidmate | 16 | |
Dooplidmate | 0 | |
Adres | Oorwinningstraat 51 Graskop | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 1953 | |
Afgestig van | Lydenburg | |
Eerste predikant | N.J. Malan 1955–1963 | |
Datum ontbind | 26 November 2023 | |
Ingelyf by | Witrivier |
Die Gereformeerde kerk Wondersig was die 10de oudste van die 16 gemeentes in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika se Klassis Lydenburg en met ’n sieletal van net 33 einde 2015, ook die tweede kleinste. In 1960 was hier 87 belydende en 75 dooplidmate en in 1997 onderskeidelik 101 en 49. In 2020 het net 16 lidmate oorgebly toe die gemeente steeds die naaskleinste in die klassis was.
Verspreidwonende lidmate in die oostelike dele van die Gereformeerde kerk Lydenburg het in 1953 van dié gemeente afgestig as die Gereformeerde kerk Graskop (later Graskop-Sabie). Destyds het hulle vir eredienste in huise en sale bymekaargekom. Nege jaar ná afstigting kon die gemeente in September 1964 sy eie kerkgebou inwy. Die bouer was ene Bester, wat verantwoordelik was vir die messel- en pleisterwerk asook die houtwerk, insluitende die banke en preekstoel. Die firma Malelane het die vier houtdeure vervaardig, wat Koos van Heerden geskenk het.
Dié gemeente, wat die plekke Sabie, Graskop, Hazyview, Bosbokrand, Blydepoort, Pelgrimsrus, Mangwazi en Bourke's Luck insluit, se naam is in 2000 na Wondersig verander. Die gemeente het op 26 November 2023 ontbind.
Predikante
[wysig | wysig bron]- Van Wyk, Lourens Andries Stephanus, 1967 – 1972 (in kombinasie met Witrivier)
- Stavast, Lammert Hendrik, 1981 – 1982 (in kombinasie met Hoedspruit 1982 – 1983)
- De Groot, Menno Pieter, 1984 – 1988
- Steyn, Abel Hendrik, 1988 – 2001
Bronne
[wysig | wysig bron]- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.