Gaan na inhoud

Gereformeerde kerk Linden

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Gereformeerde Kerk
Linden
Sluit in  Linden
Emmarentia
Roosevelt Park
Greenside
Northcliff
Klassis  Groter Johannesburg
Huidige predikant(e)  Dr. Jacob Pretorius
Willem van der Waal
Belydende lidmate  829
Dooplidmate  396
Adres H.v. Derdelaan
en Sewendestraat
Linden
Johannesburg
Geskiedenis
Stigtingsdatum  19 Februarie 1950
Afgestig van  Johannesburg-Noord (Melville)
Eerste predikant  C.E.G. Malan (1951–'66)
Straataansig van die gebou, begin 2018.
Die Gereformeerde kerk Linden is in 1953 in gebruik geneem.
Ds. Christian Ernst Gerhardus Malan, Linden se eerste predikant tot sy dood in die amp op 23 Maart 1966.
Ds. Hendrik du Plessis, leraar van 1966 tot 1973, toe hy sy emeritaat weens mediese redes moes aanvaar.
Ds. Jan Visser, die medeleraar van 1969 tot 1974.

Die Gereformeerde kerk Linden is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die noordweste van Johannesburg.

Stigting en kerkbou

[wysig | wysig bron]

Die gemeente Linden het in Februarie 1950 van die Gereformeerde kerk Johannesburg-Noord afgestig, die eerste van vier Gereformeerde kerke wat in daardie jaar tot stand gekom het. Eers is dienste in die saal van die Hoërskool Linden gehou, met ’n tweede diens in Ferndale of Fontainebleau (die gemeente Randburg sou eers in 1960 van Linden afstig). Met afstigting het die gemeente ’n sentraal geleë erf van Johannesburg-Noord as bruidskat ontvang. Op 12 Desember 1951 is ’n lidmaat, P.R. de Jager, as bouaannemer aangestel en die firma Geers en Geers as argitek. Ds. C.E.G. Malan het die kerk se hoeksteen op 17 Mei 1952 gelê en in 1953 is dit in gebruik geneem. Prof. S. du Toit was die feesspreker.

Weens die afname in die getal Afrikaanssprekende inwoners, en daarmee saam die lidmate van die Gereformeerde Kerk, in die westelike voorstede van Johannesburg, het Johannesburg-Noord in 1997 met Johannesburg (herstig in 1986) saamgesmelt as Johannesburg-Melville. Linden bly egter ’n lewenskragtige gemeente met ’n besonder gunstige verhouding van belydende tot dooplidmate van sowat 2:1. Die jaartalle in dié tabel dui op die jaar waarin die syfers in die Kerk se Almanak verskyn het en nie op die jaar waarin dit getel is nie, gewoonlik die vorige jaar.

1958 1959 1961 1998 2002 2012 2013 2014 2015 2016 2021
Dooplidmate 524 571 340 140 153 210 232 252 272 301 396
Belydende lidmate 608 679 425 575 586 606 615 625 545 608 829
Sieletal 1 132 1 250 765[1] 715 739 816 847 877 817 909 1 225

Predikante

[wysig | wysig bron]
  1. Malan, Christian Ernst Gerhardus, 1951 – 23 Maart 1966 (oorlede in die amp)
  2. Du Plessis, Hendrik Lourens Marthinus, 1966–1973 (aanvaar sy emeritaat)
  3. Visser, dr. Jan, 1969–1974
  4. Helberg, dr. Abraham Nicolas, 1974–1981
  5. Venter, Petrus Albertus, 1981–2008 (aanvaar sy emeritaat)
  6. Pretorius, dr. Jacob, 2001 – hede
  7. Van der Waal, Willem Maasjan, 2009 – hede

Sendingleraars

[wysig | wysig bron]
  1. Enslin, dr. Pieter Jacobus Johannes Stephanus, 1966–1968
  2. Van der Walt, Johannes Hendrik Snyman, 1980–1997 (aanvaar sy emeritaat)

Bronne

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Dié skielike afname was as gevolg van die stigting van Randburg die jaar vantevore

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]