Gebruiker:Martinvl/Baarle
Baarle-Nassau | Baarle-Hertog | |
---|---|---|
Vlag | ||
Wapen | - | |
Land | Nederland | Belgie |
Provinsie | Noord-Brabant | Antwerpen |
Geemeente | Baarle-Nassau | Turnhout |
Oppervlak | 76.30 km2 | 7.48 km2 |
Bevolking | 6668 | 2592 |
Digtheid | 87/km2 | 350/km2 |
Tydsone | UTC 1 | UTC 1 |
Area Kode | 013 | 014 |
Post Kode | 5111 | 2387 |
Huisnommers LW - landskleure verskyn op die borde | ||
Webwerf | www |
www |
51°26′N 4°55′E / 51.433°N 4.917°O Wettig bestaan die dorp Baarle uit twee dorpe - die Nederlandse dorp Baarle-Nassau en die [[België]|Belgiese]] dorp Baarle-Hertog. Die platteland rondom die dorp lê in Nederland. Die stad Baarle-Hertog bestaan uit 16 enklawe van Belgiese grondgebied binne in Nederland. Binne hierdie Belgiese enklawe is daar nog sewe enklawe wat Nederlandse grondgebied is.
Gedurende die twaalfde eeu was die gebied 'n moeras. In 1198 dra Hendrik I, die Hertog van Brabant, 'n deel van die land oor na Godfried van Schoten, die Here van Breda. Hendrick behou die lande wat hom huurgeld betaal.[1] Die gebied wat deur Hendrick behou is, is deesdae 'n gedeelte van België. Die gebied wat aan Gotfried ooredra is, is deesadae 'n gedeelte van Nederland. Willem-Alexander, koning van Nederland is deesdae die "Heer van Breda".[2] Die titel "Hertog van Brabant" is deesdae 'n die titel van die vermoedelikke Belgiese troonopvolger. [3]
Albei Baarle-Hertog en Baarle-Nassau het het hul eie burgemeester. Albei het sy eie verkose stadsraad, hul eie polisiekantoor en hul eie kerk. Die twee stadsrade kan in sommige gebiede saamwerk. Hulle het 'n gesamentlike raad opgestel om onder andere elektrisiteit, water en gasvoorraad, instandhouding van snelweë en vullisverwydering te voorsien.
Albei rade befonds ook 'n gesamentlike kultuursentrum met 'n gekombineerde biblioteek. Die kultuursentrum het twee amptelike ingange. Die internasionale grens gaan deur die gebou. Die Nederlandse ingang is by Pastoor de Katerstraat 7 en die Belgiese ingang is by Pastoor de Katerstraat 5. Die toeristekantoor is verbonde aan albei die Nederlandse as die Belgiese toeristeborde.
Die Nederlandse handelswet is van toepassing in die Nederlandse dele van die stad en Belgiese handelswette is van toepassing op die Belgiese dele van die stad. Verskil in die wette het gesmokkel aangemoedig. Na die Tweede Wêreldoorlog het baie mense botter uit Nederland na België gesmokkel.[4] In heedendaagse tyd koop baie mense vuurwerke in België en smokkel hulle na Nederland.[5]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Whyte (2004). ""En Territoire Belge et à Quarante Centimètres de la Frontière" - An historical and documentary study of the Belgian and Dutch enclaves of Baarle-Hertog and Baarle-Nassau". The University of Melbourne. ISBN ISBN 0-7340-3032-0.
{{cite journal}}
: Cite journal requires|journal=
(hulp); Kontroleer|isbn=
-waarde: invalid character (hulp) - ↑ (nl) "Volledige lijst van de Nassaus en Oranjes alsheren en baronnen van Breda" (PDF). Gemeente Breda. Besoek op 5 Desember 2019.
- ↑ (nl) "Prinses Elisabeth, Hertogin van Brabant". Die Belgische Monarchie. Besoek op 5 Desember 2019.
- ↑ (en) "This is the world's most complex border situation". Euronews. 21 Maart 2018. Besoek op 5 Desember 2019.
- ↑ (nl) "Smokkelaars van vuurwek betrapt". Gazet van Antwerpen. 29 Desember 2009. Besoek op 5 Desember 2019.