Fynlipvis
Voorkoms
Fynlipvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Cuvier, 1816
|
Genus: | |
Spesie: | C. exquisitus
|
Binomiale naam | |
Cirrhilabrus exquisitus Smith, 1957
|
Die Fynlipvis (Cirrhilabrus exquisitus) is 'n vis wat in die Indies-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika voorkom vanaf Kenia tot by Park Rynie in Natal. In Engels staan die vis bekend as die Exquisite wrasse.
Voorkom
[wysig | wysig bron]Die volwasse vis se kleure is kompleks; dit is 'n mengsel van kleure maar hulle het altyd 'n oogvormige kol net bokant die sylyn by die stert se basis. Die onvolwasse vis is bruin, rooierig-oranje tot pers met 'n wit kol op die snoet en swart kol op die stert se basis. Die vis word tot 11 cm groot.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die vis leef in koraalriwwe in water wat 6 – 32 m diep is. Die mannetjie bewaar en verdedig 'n groot harem wyfies en vertoon baie helder kleure gedurende paartyd.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7