Fisantekraal
Fisantekraal (soms Phesantekraal) is ‘n nedersetting in die Boland veral bekend weens sy nabygeleë vliegveld.[1]
Ligging
[wysig | wysig bron]Die dorp lê aan die Lichtenburgweg (die R312) wat die Agter-Paarl-pad en die Klipheuwelpad verbind, by nagenoeg 33° 47′ suid en 18° 43′ oos, tussen twee takke van die Mosselbankrivier en 10 km van Durbanville. Die spoorlyn kom van Kraaifontein en gaan vanaf Fisantekraal verder na Klipheuwel, Kalbaskraal, Malmesbury en die eindpunt by Bitterfontein. By Kalbaskraal swaai ‘n taklyn weg na die see by Saldanha.[1]
Dorp
[wysig | wysig bron]Die plaas waarop die dorp aangelê is, is in 1698 aan Olof Bergh toegeken. Vroeg in die 21ste eeu het dit 15 000 inwoners gehad waarvan goed die helfte Afrikaanssprekend. Daar is ‘n laer- sowel as ‘n hoërskool.[1]
Ekonomie
[wysig | wysig bron]In die direkte omgewing is hoender-, koring- en wingerdplase. Verskeie ligte nywerhede is daar gevestig. Groot Phesantekraal is ‘n historiese wynplaas.[1]
Vliegveld
[wysig | wysig bron]Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Suid-Afrikaanse Lugmag die vliegveld vir militêre doeleindes gebruik en in 1971 is dit oorgedra aan die munisipaliteit van Durbanville. Sedert 1993 is dit in privaatbesit en bekend as die Cape Winelands Airport. Aanvanklik was daar vier aanloopbane, wat mettertyd tot twee verminder is. Onderhoud en herstelwerk aan vliegtuie word hier onderneem, sowel as vliegopleiding.