Gaan na inhoud

Erik V van Denemarke

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Erik V
Koning van Denemarke

Periode 1259–1286
Voorganger Christoffel I
Opvolger Erik VI
Huis Estridsen
Vrou Agnes van Brandenburg
Kinders Erik VI van Denemarke
Christoffel II van Denemarke
Margrethe
Waldemar
Richeza
Katherina
Elisabeth
Vader Christoffel I
Moeder Margaret Sambiria
Gebore 1249
Oorlede 22 November 1286

Erik V (124922 November 1286) was van 1259 tot 1286 koning van Denemarke. Hy was die seun van Christoffel I en sy vrou, Margaret Sambiria.

Tot 1264 het hy onder die beskerming van sy ma regeer. Tussen 1261 en 1262 was hy ’n gevangene in Holstein ná ’n militêre neerlaag. Daarna het hy in Brandenburg opgegroei.

Regentskap

[wysig | wysig bron]

Toe sy pa, Christoffel I, vermoor is, was Erik te jonk om self te regeer en die Deense hof het sy ma, koningin Margaret, as regent aangestel. Sy was ’n intelligente en bekwame vrou. Sy moes dadelik teen twee vyande veg om haar seun op die troon te hou: aartsbiskop Jacob Erlandsen, wat die biskop wat Erik gekroon het, uit die kerk geban het, en hertog Waldemar van Suid-Jutland.

Nadat sy deur hoof Jarimar II van Rügen in Seeland verslaan is, het hertog Waldemar geglo sy is swak en het hy teen haar gerebelleer. Sy het na Jutland opgeruk en hom verslaan. Terwyl hy met haar oor ’n ooreenkoms onderhandel het, het hy en sy bondgenote in Noord-Duitsland haar aangeval en verslaan. Sy en haar seun Erik is gevange geneem en moes van alle koninklike eiendom in Suid-Jutland afstand doen voor hulle bevry is.

Margaret het aartsbiskop Erlandsen uit die tronk vrygelaat en gedink hy sou dankbaar wees, maar hy het ’n interdiksie teen die hele Denemarke uitgevaardig in ’n poging om die koningin en haar seun van die troon te dwing. In 1263 het Margaret aan pous Urban IV geskryf en hom gevra om tussenbeide te tree. Hy het ingestem en die voorwaardes van die troonopvolging verander om vroue toe te laat om die troon te bestyg. Dit sou een van Erik se susters in staat stel om koningin te word indien hy iets sou oorkom, want hy het nie kinders gehad nie. Dit het egter nooit gebeur nie, want Erik het later seuns gehad en hy is deur een van hulle, Eric Menved, opgevolg.

Bewind

[wysig | wysig bron]

As ’n volwasse heerser het Erik probeer om sy mag op die kerk en die adel af te dwing. Met die hulp van die pous het hy sy konflik met die kerk opgelos, maar teen 1282 het hy die adel so te na gekom dat hy gedwing is om ’n handves soortgelyk aan die Magna Carta te aanvaar waarin sy mag beperk en die regte van die adel beskerm is.

Erik het ’n slegte reputasie gehad. Hy het nooit sy beloftes nagekom nie en het aangelê by vroue en meisies van enige ouderdom. Sy onvermoë om homself te beheer het eindelik tot sy dood gelei.

Geheimsinnige dood

[wysig | wysig bron]

Volgens legendes het verskeie adellikes gesweer hulle sou die koning vermoor oor persoonlike aanvalle en beleidsrigtings waarvan hulle nie gehou het nie. Hulle het Rane Jonsen, een van die koning se metgeselle, betaal om hulle op die hoogte van die koning se bewegings te hou. In November 1286 was die koning in Noord-Jutland op ’n jagtog en hy en sy geselskap kon nie die pad terug na die koning se plaas kry nie. Rane het voorgestel hulle oornag op die dorp Finderup. Die adellikes is ingelig oor die situasie en toe almal slaap, het hulle, vermom as monnike, die koning doodgesteek en –gekap. Sy bebloede lyk is die volgende oggend gevind. Met sy dood het die bepalings van die 1282-handves verval, aangesien die volgende koning nie daartoe verbind was nie.

Huwelik en kinders

[wysig | wysig bron]

Erik het op 11 November 1273 met Agnes van Brandenburg getrou. Hulle het sewe kinders gehad:

Verwysings

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Eric V of Denmark