Ekonomiese Vryheidsvegters
Ekonomiese Vryheidsvegters | |
EFF | |
Leier | Julius Malema |
---|---|
Slagspreuk | People’s Power for Economic Freedom in Our Lifetime |
Gestig | 26 Julie 2013 |
Hoofkwartier | Johannesburg |
Studentevleuel | Economic Freedom Fighters Students' Command (EFFSC) |
Ideologie | Anti-kapitalisties[1][2] Anti-imperialisties[1][2] Linkse populisme[3] Pan-Afrikanisme |
Nasionale affiliasie | Geen |
Internasionale affiliasie | Geen |
Amptelike kleure | Rooi[1][2][3] |
Webblad | effonline |
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (Engels: Economic Freedom Fighters, afgekort: EFF) is 'n politieke party in Suid-Afrika. Die party is op 11 Julie 2013 deur sy leier, Julius Malema, bekendgestel.
Die Ekonomiese Vryheidsvegters het 'n radikale, linkse, anti-kapitalistiese en anti-imperialistiese beleid. Volgens hulle is grondonteiening en die nasionalisering van myne ononderhandelbaar. Hulle beplan om mense en maatskappye te dwing om hulle welvaart met almal te deel.
Malema het beklemtoon dat blanke Suid-Afrikaners welkom is om by die EFF aan te sluit, maar dat hulle die party se beleid van grondherverdeling moet aanvaar. Hy het daarna gesê: "Blankes moet bereid wees om die land te deel. Wie is ons dat ons sou sê dat hulle in die see gedryf moet word?"[4]
Hulle buitelandse beleid is om handel tussen Afrikalande te bevorder en die kontinent te integreer deur "onnodige grense" tussen lande op te hef, onder andere Suid-Afrika se grense met Botswana, Lesotho en Eswatini.[5]
Die party het die African National Congress (ANC) in die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014 teengestaan[6] en vriend en vyand verras deur meer as 'n miljoen stemme (byna 10% soveel as die ANC s'n) te verkry. Die resultaat is dat die EFF nou die derde grootste party in die land is, en sal hul ondersteuners met 25 van die 400 setels in die parlement verteenwoordig.
Verkiesingsresultate
[wysig | wysig bron]Parlement
[wysig | wysig bron]██ 0–20% ██ 20–40% ██ 40–60% | ██ 60–80% ██ 80–100% |
Nasionale Vergadering | |||||
Verkiesing | # van algehele stemme |
% van algehele stemme |
# van algehele setels gewen |
/– | |
---|---|---|---|---|---|
2014[7] | 1 169 259 | 6,35 | 25 / 400 | 25 | |
2019[8] | 1 881 521 | 10,79 | 44 / 400 | 19 |
Nasionale Raad van Provinsies | ||
Verkiesing | # van algehele setels gewen |
/– |
---|---|---|
2014 | 7 / 90 | 7 |
2019 | 11 / 90 | 4 |
Provinsiale verkiesings
[wysig | wysig bron]Verkiesing | Oos-Kaap | Vrystaat | Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noordwes | Noord-Kaap | Wes-Kaap | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
% | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | |
2014[7] | 3,48% | 2/63 | 8,15% | 2/30 | 10,30% | 8/73 | 1,85% | 2/80 | 10,74% | 6/49 | 6,26% | 2/30 | 13,21% | 5/33 | 4,96% | 2/30 | 2,11% | 1/42 |
2019[8] | 7,84% | 5/63 | 12,58% | 4/30 | 14,69% | 11/73 | 9,71% | 8/80 | 14,43% | 7/49 | 12,79% | 4/30 | 18,64% | 6/33 | 9,71% | 3/30 | 4,04% | 2/42 |
Munisipale verkiesings
[wysig | wysig bron]Verkiesing | Stemme | % |
---|---|---|
2016[9] | 3 202 679 | 8,31 |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 "Economic Freedom Fighters Party reignites debate" (in Engels). Al Jazeera. 14 Oktober 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Julie 2019. Besoek op 1 November 2013.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 (en) "Hundreds gather for EFF launch". Nuus24. 13 Oktober 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2013. Besoek op 1 November 2013.
- ↑ 3,0 3,1 "Red Tide: From 'economic freedom' to 'white genocide', extremism grabs the spotlight" (in Engels). Daily Maverick. 14 Oktober 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Junie 2020. Besoek op 1 November 2013.
- ↑ Malema's red berets storm 2014, Mail & Guardian, 12 Julie 2013
- ↑ Borders in Africa 'unnecessary', says EFF, Mail & Guardian, 25 Julie 2013
- ↑ Malema waarsku SA'ners oor 'opofferings', Nuus24, besoek op 14 Julie 2013
- ↑ 7,0 7,1 "2014 National and Provincial Elections Results - 2014 National and Provincial Election Results" (in Engels). elections.org.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 September 2019. Besoek op 7 Oktober 2016.
- ↑ 8,0 8,1 "This is how many MPs each party can send to Parliament" (in Engels). News24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 November 2019. Besoek op 11 Mei 2019.
- ↑ "Results Summary - All Ballots" (PDF) (in Engels). elections.org.za. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2019. Besoek op 7 Oktober 2016.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Economic Freedom Fighters. |
- (en) Amptelike webwerf Geargiveer 18 September 2014 op Wayback Machine
- (en) Ondersteuner-webwerf
- (en) Ekonomiese Vryheidsvegters op Facebook