Gaan na inhoud

Cordelia (maan)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Cordelia   

Die ontdekkingsfoto van Cordelia (onder in die middel) deur Voyager 2.
Ontdekking
Ontdek deur Richard J. Terrile / Voyager 2
Datum 20 Januarie 1986
Wentelbaaneienskappe
Wentelbaanradius 49751,722 ± 0,149 km[1]
Wentelperiode 0,33503384 ± 0,00000058 d[1]
Baanhelling 0,08479 ± 0,031°[1]
Satelliet van Uranus
Fisiese eienskappe
Afmetings 50 × 36 × 36 km[2]
Gem. radius 20,1 ± 3 km[2][3][4]
Oppervlakte ~5 500 km²
Volume ~38 900 km³
Massa ~4,4×1016 kg
Gem. digtheid ~1,3 g/cm³ (aangeneem)[3]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
~0,0073 m/s²
Ontsnapping-
snelheid
~0,017 km/s
Rotasieperiode Sinkronies[2]
Ashelling Nul[2]
Temperatuur ~64 K

Cordelia is die heel binneste bekende maan van Uranus. Dit is op 20 Januarie 1986 ontdek op foto's deur Voyager 2 en het die voorlopige naam S/1986 U 7 gekry.[5] Die naam "Cordelia" kom van die jongste dogter van Lear in William Shakespeare se Koning Lear. Dit is ook bekend as Uranus VI.[6]

Beskrywing

[wysig | wysig bron]

Cordelia is nie weer opgespoor totdat die Hubble-ruimteteleskoop dit in 1997 waargeneem het nie.[7][8] Baie min is daaroor bekend, buiten sy wentelbaan,[1] radius van 20 km[2] en geometriese albedo van 0,08.[7] Op die Voyager 2-foto's lyk dit langwerpig, met sy hoofas wat na Uranus wys.

Cordelia is die binneste herdersmaan vir Uranus se ε-ring.[9] Sy wentelbaan is binne Uranus se radius vir sinkroniese wentelbane en neem dus langsamerhand af weens gety-invloede.[2] Cordelia is baie na aan ’n 5:3-baanresonansie met die maan Rosalind.[10]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Jacobson, R. A. (1998). "The Orbits of the Inner Uranian Satellites From Hubble Space Telescope and Voyager 2 Observations". The Astronomical Journal. 115 (3): 1195–1199. Bibcode:1998AJ....115.1195J. doi:10.1086/300263. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 Karkoschka, Erich (2001). "Voyager's Eleventh Discovery of a Satellite of Uranus and Photometry and the First Size Measurements of Nine Satellites". Icarus. 151 (1): 69–77. Bibcode:2001Icar..151...69K. doi:10.1006/icar.2001.6597.
  3. 3,0 3,1 "Planetary Satellite Physical Parameters". JPL (Solar System Dynamics). 24 Oktober 2008. Besoek op 12 Desember 2008.
  4. Williams, Dr. David R. (23 November 2007). "Uranian Satellite Fact Sheet". Nasa (National Space Science Data Center). Besoek op 12 Desember 2008.
  5. Smith, B. A. (27 Januarie 1986). "Satellites and Rings of Uranus". IAU Circular. 4168. Besoek op 31 Oktober 2011.
  6. "Planet and Satellite Names and Discoverers". Gazetteer of Planetary Nomenclature. USGS Astrogeology. 21 Julie 2006. Besoek op 6 Augustus 2006.
  7. 7,0 7,1 Karkoschka, Erich (2001). "Comprehensive Photometry of the Rings and 16 Satellites of Uranus with the Hubble Space Telescope". Icarus. 151 (1): 51–68. Bibcode:2001Icar..151...51K. doi:10.1006/icar.2001.6596.
  8. Showalter, M. R.; Lissauer, J. J. (3 September 2003). "Satellites of Uranus". IAU Circular. 8194. Besoek op 31 Oktober 2011.
  9. Esposito, L. W. (2002). "Planetary rings". Reports on Progress in Physics. 65 (12): 1741–1783. Bibcode:2002RPPh...65.1741E. doi:10.1088/0034-4885/65/12/201. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  10. Murray, Carl D.; Thompson, Robert P. (6 Desember 1990). "Orbits of shepherd satellites deduced from the structure of the rings of Uranus". Nature. 348 (6301): 499–502. Bibcode:1990Natur.348..499M. doi:10.1038/348499a0. ISSN 0028-0836. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]