Cobus Rossouw
Cobus Rossouw | |
Geboorte | 28 Maart 1933 Marydale, Noord-Kaap |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Cobus Rossouw (28 Maart 1933 - ) is ’n Afrikaanse akteur en ’n pionier van die Afrikaanse toneel. Hy het in verskeie groot rolprente, TV-reekse en toneelstukke gespeel, maar het nooit in enige sepies verskyn nie.
Rossouw maak sy rolprentdebuut in 1965 in Debbie. Daarna het hy in tientalle rolprente verskyn, onder ander in Die Kandidaat, Die wildsboudjie en Jannie totsiens. Onder sy groot verhoogrolle is Koning Lear, Richard III, Hamlet, Oom Wanja en Die idoot. In 1971 ontvang Rossouw die Erepenning vir Toneelkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Biografie
[wysig | wysig bron]Rossouw is op 28 Maart 1933 op Marydale naby Prieska in die Noord-Kaap gebore. Sy pa was Jacobus Francois Rossouw en sy ma Susan Greyling. Hy was een van drie kinders, met 'n suster, Ria, en 'n boetie, Jannie, wat jonk oorlede is.[1]
Hy was ’n skaam seun en onbetrokke by skoolaktiwiteite. Later matrikuleer hy van die Hoërskool Jan van Riebeeck.
In 1965 is hy met Sandra Kotzé getroud. Hulle het drie kinders, Wilmien, ’n skrywer en regisseur, Cobus, ’n TV- en rolprentregisseur, en Susan, ’n rolverdelingsregisseur.
Filmografie
[wysig | wysig bron]- Debbie, 1965
- Die Kandidaat, 1968
- Katrina, 1969
- Jannie totsiens, 1970
- Breekpunt, 1971
- Salomien, 1972
- My Broer se Bril, 1972
- Die Wit Sluier, 1973
- Die Bankrower, 1973
- Die Square, 1975
- Die Groen Faktor, 1984
- Arme Moordenaar (TV-fliek), 1986
- Getroud met rugby, 2011
- Die Wonderwerker, 2012 as Jos van Deventer
- Faan se Trein , 2014
en andere.
TV
[wysig | wysig bron]Van die TV-reekse waarin hy verskyn het, sluit in Die Sonkring.
Toekennings
[wysig | wysig bron]Hy is op 3 Februarie 2011 tydens kykNET se Fiestas vereer vir sy lewensbydrae tot die Afrikaanse teater.[2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Cobus Rossouw op 80!". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2013. Besoek op 28 Januarie 2014.
- ↑ kykNET deel eerste Fiestas uit Geargiveer 7 Februarie 2011 op Wayback Machine, Die Burger, 4 Februarie 2011.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Cobus Rossouw in die Internet-rolprentdatabasis
- Cobus Rossouw (Junie 1978). "Reference Letter from Cobus Rossouw" – via Internet Archive.